Elf van ons atlete neem die vakansie deel aan die SA-Tweekamp byeenkoms in Port Elizabeth. Die atlete is: Delmar Benecke, Ruald Naudé, Alexander Benecke, Lourens van der Walt, Isabella van der Walt, Cara Swanepoel, Sophia Liebenberg, Mari Swanepoel, Mia Nortjé, Stef Mostert (Hoërskool JvR) en John Willcox (Hoërskool JvR). Die atlete vorm die laerskoolspan wat aan die skolekompetisie gaan deelneem. Alexander Benecke, Mia Nortjé en Stef Mostert het ook hulle WP-klere verower en sal op die dag ook die WP-span verteenwoordig. Na ‘n baie goeie seisoen wens ons vir die atlete alle sterkte toe. Dit is reeds ‘n uitstekende prestasie en ons kan nie wag om te hoor hoe die atlete gevaar het nie. Baie dankie aan mnr. Hanekom wat die leerders afrig en ook die span sal verteenwoordig tydens die kompetisie.