Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 15 Maart 2019 Skool sluit om 10:30

Vrydag, 15 Maart 2019 Gratis sivvies

Donderdag, 21 Maart 2019 Menseregtedag

Vrydag, 29 Maart 2019 Tweekamp: SA kampioenskappe

Dinsdag, 2 April 2019 Skole heropen

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geniet die vakansie en kom veilig terug!

---

NUUTSTE NUUS

Kliek HIER om jou snoepie diensbeurt vir die tweede kwartaal in te vul.

Dit is weer veilingtyd! Ons is baie opgewonde oor die opkomende veiling op 1 Junie 2019.

Sedert 2017 word die veiling deur die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust aangebied. Die trust samel fondse in vir die uitsluitlike voordeel van die skool en is daarop toegespits om die skool uit te bou en verbeter en nie die dag-tot-dag uitgawes te dek nie. Die trust het onder meer met verlede jaar se veilingopbrengs die volgende projekte aangepak. Sommige is reeds afgehandel en ander sal voor die komende veiling afgehandel wees:

Reeds afgehandelde projekte

1. Verhitting van die swembad – R250 000

2. 2 x beurse vir diversiteitsleerders

3. 5 x matriekbeurse vir HL assistente

4. 1 x beurs vir HL assistent onderwyssertfikikaat

5. 1 x finale jaar diversiteitsbeurs vir onderwyseres

6. iMadiba installasie

7. Aankoop van hokkietoerusting

Reeds goedgekeur en word voor die komende veiling voltooi:

1. Plavei van HL parkeerarea insluitend fietsbaan – R170 000

2. Nuwe klankstelsel en beligting vir die saal

3. Opknap van Nuwe Kerkstraat ingang

4. Toelaag vir biblioteek

5. Toelaag vir personeelkamer

6. Stortgeriewe vir onderwysers

7. Nuwe bankies by laerskool

8. Algemene opknapping van deure en vensters

Soos dit duidelik blyk uit die bogenoemde, word die ingesamelde fondse goed aangewend en word die veilingopbrengs aangewend vir projekte wat andersins nie gedoen sou kon word nie. Ons is baie dankbaar vir almal se bydrae tot hierdie sukses en ons nooi al ons ouers uit om deel te neem hieraan.

Sien asseblief die UITNODIGING na die 2019 Veilingsaand vir meer inligting.

Betaling van die kaartjies moet per EFT in die trust se rekening gedoen word:

Rekeningnaam: Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust

Bank: Investec

Rekening Nr: 10011436695

Tipe rekening: Tjek

Verwysing: Veiling/Naam en Van

Bewys van betaling moet asb. gestuur word aan esnaboshoff@gmail.com of coreen.scholtz@gmail.com

Enige verdere navrae kan gerig word aan Esna Boshoff (esnaboshoff@gmail.com) of Coreen Scholtz (coreen.scholtz@gmail.com)

Let wel: Die Kaperjolle vind 13 April 2019 om 14:00 plaas op die Laerskool se terrein en nie meer op die Conradieveld nie.

Met die vakansie wat voorlê is almal verlig die eerste kwartaal is verby. Ons skop die tweede kwartaal af met ‘n heerlike kuierdag vir alle ouderdomme. Kry solank alles in plek om ‘n sorgvrye dag te kan geniet.

1. Daar sal verskeie items op die Karri toep vooraf gekoop kan word om vir ons as OOV ‘n beter aanduiding te gee van getalle en om rye te beperk op die dag by die kaartjieverkope.

2. Die dag vind op Laerskool Jan van Riebeeck se skoolterrein plaas. Die skool is besig om die Conradieveld te rehabiliteer en ons wil nie al die harde werk van die afgelope paar maande in een dag ongedaan maak nie.

3. Toegang gaan slegs geskied by die Nuwe Kerkstraat ingang (by die inry hek). Alle ander hekke gaan gesluit wees op die dag vir sekuriteitsredes.

4. Is jy dalk Kaapstad se volgende Braaikampioen en sit jy op hete kole om te spog met jou braaivernuf? Skryf dan in vir die Kaperjolle se eksklusiewe Oor-die-Kole kompetisie! Stel jou wêreldkennis ten toon deur ‘n maaltyd in ‘n spesifieke land se styl oor die kole voor te berei. Kliek HIER om in te skryf vir die koskompetisie.

5. Ouers se kuierarea gaan op die veld wees. Daar gaan heerlike musiek, tente met tafels en ‘n ‘virgin’ kroeg wees. Die deelnemers aan die Oor-die-Kole koskompetisie gaan dit ook op die veld uitspook.

6. Pannekoek, sosaties, boereworsrolle, koeldrank, koffie en ander snoepie-items sal onder die afdakkies langs die tennisbane verkoop word.

7. Die kinderaktiwiteite gaan afskop in die vierkant van 14:00 – 17:00 en daarna voortgaan in die skoolsaal. Julle kan uitsien na heerlike speletjies, gesigverf, tombola verkope en ‘n skattejag. Van 17:00 verskuif die aksie na die saal. Daar kan julle deelneem aan Emoji bingo, ‘Minute to Win It’ aksie, Wii toernooie en ‘n fliek sal later vertoon word.

8. Ons het baie hulp nodig om hierdie dag ‘n sukses te maak. Elke graad is verantwoordelik vir ‘n spesifieke taak. Raak asb. betrokke by jou graad se take en vul jou naam op die diensrooster in. Dit sal volgende kwartaal beskikbaar wees op die eerste dag van skool.

Graad 1: Oor-die-Kole kompetisie

Kontak vir Kara Marais (kara_ferreira80@yahoo.com)

Graad 2: Boereworsrolle en sosaties

Kontak vir Helene Malherbe (helenemalherbe@gmail.com)

Graad 3: Pannekoek

Kontak vir Jobeana van Vreden (jobeanav@lona.co.za)

Graad 4: Aandaktiwiteite, ‘chill’ area, fliek, Minute to Win It, Bingo

Kontak vir Lizelle van der Berg (lizellevdb@gmail.com)

Graad 5: Middagaktiwiteite, speletjies, gesigverf, tombola, skattejag

Kontak vir Karien Zulch (karien@zulch.co)

Graad 6: Snoepie en koeldrank

Kontak vir Esna Boshoff (snoepie@jvrprim.co.za)

Graad 7: Tafelbesprekings en kroeg

Kontak vir Suzette van der Merwe (svdmerwe@ct.macrobert.co.za)

9. Vir enige verdere inligting rakende die dag kan jy vir Martie Viljoen (martie@avconeng.com) of Ria Hertzog (ria.hertzog@gmail.com) kontak.

Kamers mark

Loer gerus na die ADVERTENSIE vir die Kamers mark wat van 16 tot 19 Maart by Hoërskool Jan van Riebeeck gehou word.

Die Suidooster, uitgawe 1 van 2019

Lees gerus die nuutste SUIDOOSTER.

---

VERDERE NUUS

AKADEMIE

Graad 4-7 Ouergespreksgeleentheid en inligtingsessie

Portefeuljedag/Ouergespreksgeleentheid:

Graad 4 -7-ouers word aangemoedig om afsprake van 15 minute elk op Maandag, 8 April 2019, tussen 15:00 – 19:00 by Adri Marais (skoolsekretaresse) te maak, indien jy met ‘n spesifieke onderwyser wil gesels.

Inligtingsessie:

Op Donderdag, 11 April 2019, om 18:00 sal dr. Joan Campbell die graad 4-7-ouers rakende seksuele gedrag by kinders van hierdie ouderdomsgroep toespreek. Dit sal in die skoolsaal plaasvind.

ALGEMEEN

Ou sweetpak

Die skool het in 2015 ‘n nuwe sweetpak ingebring. Dit beteken dat ouers nou al meer as 3 jaar kans gehad het om na die nuwe sweetpak oor te gaan. Ongelukkig is hier steeds van die ou sweetpakke in sirkulasie. Ons wil u hiermee in kennis stel dat die ou sweetpak in 2019 nie meer as deel van die skooldrag gesien word nie. Leerders mag dus nie in 2019 die ou sweetpak dra nie. Ons vra dat u asb. sal sorg dat u kind in die tweede kwartaal die korrekte sweetpak dra.

Baie geluk aan Lukas en Daniel Welgemoed wat laas week Jannies van die week was. Geluk aan Emma en Anna van Biljon wat hierdie week is. Dankie dat julle so getrou herwin. Hou so aan! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.

Ons hoop julle is steeds bewus van plastiek wat nie herwin word nie – soos strooitjies en PET 1 houers. Maak eco-bricks vol met hierdie plastiek. Sê nee vir gewone plastiek strooitjies. Ons beveel bamboes strooitjies aan: bamboes is liggewig en duursaam. Jy kan die strooitjies weer en weer gebruik as jy dit oppas. Wanneer dit tyd is om die strooitjies te vervang, kan jy dit knip en by jou kompos gooi – dit is bio-afbreekbaar.

Baie dankie aan almal wat so geesdriftig deelgeneem het aan die kompetisie! Ons het pragtige werke ontvang; 98 inskrywings in totaal. Die vyf beoordelaars het die top 20 uitgekies en toe as volg besluit:

1ste plek: Ruben Oosthuizen Gr.3

2de plekke: Nina Houlihan Gr.6, Linden Murray Gr.5, Liza Hitge Gr.4, Mila Gouws Gr.4 en Simon van Dyk Gr.4

3de plekke: Ella Grey Gr.1, Annalene Viljoen Gr.1, Amelie van der Walt Gr.1, Stella Pansegrouw Gr.1, Alexander Weideman Gr.1, Katryn Silvis Gr.1, Ruben Eksteen Gr.2, Mira Swanepoel Gr.3, Willem Burger Gr.3, Lara Basson Gr.4, Anna Dawes Gr.4, Milla Joubert Gr.4, Cara Swanepoel Gr.4 en Nell von Lieres Gr.4

---

SPORT

Elf van ons atlete neem die vakansie deel aan die SA-Tweekamp byeenkoms in Port Elizabeth. Die atlete is: Delmar Benecke, Ruald Naudé, Alexander Benecke, Lourens van der Walt, Isabella van der Walt, Cara Swanepoel, Sophia Liebenberg, Mari Swanepoel, Mia Nortjé, Stef Mostert (Hoërskool JvR) en John Willcox (Hoërskool JvR). Die atlete vorm die laerskoolspan wat aan die skolekompetisie gaan deelneem. Alexander Benecke, Mia Nortjé en Stef Mostert het ook hulle WP-klere verower en sal op die dag ook die WP-span verteenwoordig. Na ‘n baie goeie seisoen wens ons vir die atlete alle sterkte toe. Dit is reeds ‘n uitstekende prestasie en ons kan nie wag om te hoor hoe die atlete gevaar het nie. Baie dankie aan mnr. Hanekom wat die leerders afrig en ook die span sal verteenwoordig tydens die kompetisie.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Life is all about balance. You don’t always need to be getting stuff done. Sometimes it’s perfectly okay, and absolutely necessary to shut down, kick back, and do nothing.

– Lori Deschene

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209