O/11A en O/13A verower medaljes in die WP Netbalfinale

Die O/11A en O/13A-netbalspanne het op Saterdag, 7 September, gaan kamp opslaan by Hoërskool De Kuilen vir die WP-netbalfinale. Beide spanne het in die B-liga meegeding. Na 'n baie lang en warm dag het beide spanne tot die semi-finaal deurgedring. Die O/13 A-span het aan die einde van die rondte gelykop teen Parow-Oos gespeel. Daar is ekstra tyd gespeel en hulle het met 1 punt gewen. Die O/11A-span het teen Totius in die semi-finaal te staan gekom en 12 - 7 gewen. Daarna het die finale rondte vir beide spanne gewag. Albei spanne het teen Nomsa Primêr, vanuit Khayalistha, gespeel. Nomsa gaan al vir 'n paar agtereenvolgende jare na die Nasionale Toernooi in Boksburg en eindig gereeld onder die top 3 vir hul kategorie. Aan die einde van die dag stap die O/13 A-span met 'n silwer medalje weg. Hul telling was 6-7. Die O/11 A-span wen almal goue medaljes met 'n telling van 8-6. Hulle is dan ook die B-liga wenners vir O/11! Baie geluk aan AL die spelers en hul afrigters, juf. Ischké Felix (O/13) en juf. Lucia de Jager...

Konsertfoto’s en DVD bestellings

Professionele foto's is tydens en voor die konsertoptrede geneem. Kliek HIER om die foto's en nommers te sien. Dit is ook op die bord in die gang naby die snoepie opgesit. Kostes beloop R25 (jumbo), R40 (A5) en R60 (A4). DVD's is ook beskikbaar teen R120. Om te bestel: 1. As jy 'n foto wil bestel, kry die foto se nommer (beskikbaar hierbo by die skakel, of teen die bord in die gang naby die snoepie). 2. Kry 'n vorm by Adri in die kantoor of kliek HIER om self een te druk. 3. Vul die vorm met die korrekte nommer van die foto in, of vul in as jy 'n DVD wil bestel. 3. Verskaf die korrekte bedrag kontant. 4. Stuur dit in 'n koevert of banksakkie saam skool toe en handig by registeronderwyser in. Bestellings sluit 11 Oktober...

Johannes Mouton presteer by die Kyokushin Cape Town Unicity Organization

Die Kyokushin Cape Town Unicity Organization het sy jaarlikse Beginners Kampioenskappe die afgelope naweek, 14-15 Sep, gehou. Hierdie toernooi fokus spesifieke op die laer belde (blou belde en onder) wat nog nie aan enige kompetisies deelgeneem het nie. Een brawe Jannie, Johannes Mouton, het vir hierdie kompetisie ingeskryf en sy uitslae is soos volg: Red Belt Kata = 1ste; Boys Semi-Contact Fighting = 2de Shihan Mike en Shihan Jason is baie trots op die wyse waarop hy homself gedurende die toernooi gedra het en sien uit daarna op hom by die volgende kompetisies te sien...

Skaak

Baie geluk aan Louis Bosman (O/9), Jan Karsten (O/11) en Petrus Bosman (O/11) wat deel was van die WP (metro) Skole skaakspan. Die span het aan die Wes-Kaap Skole Skaak Proewe (provinsiale proewe) in Mosselbaai op 17- 19 Mei teen spanne van die Overberg, Kaapse Wynland, Weskus en Eden deelgeneem. Hulle verower almal hul WP (Provinsiale) kleure vir...

Oranjerivierroei vir Gr.7’s van 2020

Die jaar spoed ten einde en dis tyd om een van die hoogtepunte op die 2020-kalender te begin reël – die Graad 7’s se Oranjerivierroei! Deon Pieterse het dit vir baie jare gereël en almal wat saamgegaan het, was dit eens dat dit ‘n heerlike ervaring met baie spesiale herinneringe was. Deon tree aan die einde van hierdie kwartaal af, maar ons wil verseker dat die Graad 7’s steeds op hierdie lekker kort vakansie kan gaan. Soos voorheen sal Felix Unite die toeroperateurs wees. ‘n Paar ouers – LJ le Roux, Wallie van der Walt, Jean en Hanlie Lombaard - reël die 2020-uitstappie met die skool se goedkeuring en insette van Deon. ‘n Inligtingsvergadering vir alle 2020 Gr.7-ouers wat wil saamgaan is geskeduleer vir Donderdagaand, 3 Oktober 2019, 18:00 - 19:00. Dit sal by die skool gehou word. Daar is reeds ‘n e-pos aan al die huidige Gr.6-ouers hieroor uitgestuur. Ons hoop ons sien julle...

Hokkiekliniek 16-18 September

Vanaf Maandag 16 tot Woensdag 18 Sept.bied Dirkie Chamberlain en Margaux Reynecke vir ons leerders verskeie hokkieklinieke op die Conradieveld aan. Margaux Reynecke het hierdie jaar met verskeie JvR-spanne se afrigting gehelp. Sy het verskeie Boland en WP-spanne afgerig en vorm deel van Nasionale en Internasionale klinieke wat vir skole en klubs aangebied is by, onder andere, DF Malan. Sy het gedurende die vorige seisoen in Engeland spanne afgerig en vertrek eersdaags na Holland vir afrigting en om self vir 'n klub te speel. Dirkie Chamberlain het al meer as 230 "caps" vir die SA vroue-hokkiespan. Hierdie wedstryde sluit in 1 olimpiese spele, 3 Commonwealth Games en 4 Wêreldbeker toernooie. Sy speel al 8 jaar vir top liga spanne oorsee in Holland, Engeland en België. Sy vertrek binnekort weer na België vir die nuwe seisoen. Maandag, 16 September Ouderdom: O/13 & O/14 Tyd: 13:30 - 15:00 Koste: R200 Dinsdag, 17 September Ouderdom: O/11 & O/12 Tyd: 13:30 - 15:00 Koste: R200 Woensdag, 18 September Ouderdom: O/9 & O/10 Tyd: 13:30 - 14:30 Koste: R150 Betalings kan by juf. Hanekom gemaak word. Stuur kontant in 'n koevert met die leerder se naam op na die...

Nuusbrief van 13 September 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Saterdag, 14 September 2019 Tweekamp: Liga 1 (WEG) (Stellenberg H/S) Donderdag, 19 September 2019 Marli Klynsmith (Juffrou) verjaar Donderdag, 19 September 2019 Gratis Sivvies Donderdag, 19 September 2019 Markdag vanaf 11:45 - 12:30 Donderdag, 19 September 2019 Skool sluit om 12:45 Gr.1 - 3, 13:00 Gr.4 - 7 Vrydag, 20 September 2019 Bokkie-dag Sivvies Vrydag, 20 September 2019 Skool sluit Vrydag, 20 September 2019 Heidre Ehlers (Juffrou) verjaar Dinsdag, 24 September 2019 Erfenisdag Vrydag, 27 September 2019 Lucia de Jager (Juffrou) verjaar >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Konsert 2019 Baie dankie aan almal, ouers, onderwysers, leerders en terreinpersoneel se reuse bydraes om weer eens 'n reuse sukses van ons konsert te maak! 'n Baie groot dankie aan Ben Reynecke wat verantwoordelik was vir die teks en die choreografie, Jana Nel vir die afrig van die hoofkarakters en die regie behartig het, asook Thornley Webber wat vir ons elke aand die klank en beligting saam met mnr. Muller Joubert gedoen het. 'n Groot dankie ook aan al die ouers wat elke aand gehelp het met die eet- en drinkgoed in ons pragtige nuwe teaterkafee! Ons sal vir julle laat weet wanneer die DVD's beskikbaar sal wees en wat die koste sal wees. Ons sien sommer nou al weer uit na 2021 se konsert wat sal saamval met ons skool 100ste herdenking! Strategiese vraelys 2019 Dis weer tyd vir ons jaarlikse opname waar ouers genooi word om hul opinies te lewer oor kernfasette van die skool. Kliek HIER om die vraelys te voltooi (voor of op...

Gr.7’s kraai koning by Wiskundekompetisie

Dit was 'n uiters besige kwartaal - sport, assesserings en die konsert. Ten spyte daarvan, was daar 12 Gr.7 leerders wat ook vroegoggende voorberei het vir 'n wiskundekompetise. Hulle het die vrugte gepluk van hul harde werk. Vir die 4de jaar in 'n ry het Laerskool Jan van Riebeeck se wiskundespan beide trofeë by die Melkbos-Wiskundekompetisie gewen. Ons leerders het hulle puik van hulle taak gekwyt. Ons het slegs drie spanne ingeskryf. Ons skryf gewoonlik vier in, maar a.g.v. die konsert het ons die spanne verminder. Die spanne het as volg geëindig: 1ste plek: Anna van Biljon, Mari Swanepoel, Dawid Adler en Peet Karsten. 3de plek: Layla Erasmus, Jacomien van der Westhuizen, Thornley Webber en Alexander Newton. 7de plek: Zazzie Henderson, Liezel Snijders, Owen van der Linde en Bernard Lombaard. Dit is ook die 4de jaar in 'n ry dat ons 3 of meer spanne het wat in die top 10 geëindig het. Met hierdie uitslae is ons aangewys as die wenskool! Baie geluk aan elke leerder wat so pragtig presteer het. Julle het weereens gewys dat harde werk beloon word en dat wiskunde pret is. 'n Spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom en juf. Baird wat die leerders voorberei het vir die...

Inskrywings vir swemgroepe – kwartaal 4

Baie dankie aan almal wat die promosie sessies 2-6 Sept saam met Swimmable bygewoon het, asook diegene wat die sessies op 16-18 Sept gaan bywoon. Ons wil vir beplanningsdoeleindes en veiligheid die swemgroepe vir kwartaal 4 begin regkry. Volg asb. die SKAKEL en lees die inligting aan die begin van die Google Sheet (dit verduidelik die stappe wat gevolg moet word). Ons herinner ouers weer daaraan dat leerders minstens een lengte op hul eie moet kan swem om hierdie sessies by te woon. Indien leerders dit nog nie kan doen nie, sal ons aanbeveel dat hulle eers vir privaatklasse gaan. Vir almal se veiligheid moet ons die grootte van die klasse beperk. Daarom is die inskrywings belangrik. Indien leerders 2 oefeninge mis sonder om by die onderwyser verskoning te maak, gaan hul naam terug op die waglys en ons skuif iemand van die waglys af op. Ons vra ouers/leerders se samewerking hiermee asb. Indien ouers sukkel met die Google Sheet (dit gebeur veral met toestelle wat nie Android gebaseer is nie) moet julle asb. seker maak dat julle die Google Sheet toepassing op jul foon afgelaai het. Inskrywings vir hierdie groepe sluit Vrydag, 4 Oktober,om 10:00. Vir enige verdere navrae, kontak die sportkantoor by...

Wedstrydklere moet teruggestuur word

Ons herinner ouers/spelers daaraan dat hul rugbytruie terug skool toe moet kom. Daar is enkele hokkieseuns wat ook truie ontvang het vir hul onderskeie wedstryde. Hulle moet dit asb. ook terugstuur. Leerders moet dit by juf. Hanekom inhandig. Baie dankie aan almal wat dit reeds gedoen...

Twee leerders neem aan die Wilson Toernooi deel, 30 Aug

Gedrurende die jaar neem verskeie tennisspelers aan die WP Wilson toernooie deel. Op 30 Augustus het Petrus Bosman en Gustav Pansegrouw aan die WP Wilson 6 toernooi deelgeneem, die laaste van die reeks toernooie hierdie jaar. Petrus het uitdunne teen 4 opponente gespeel en 3 van hulle gewen. Daar is ‘n A en B groep, Petrus het in die O/10 A groep deelgeneem. Hy is die wenner in die groep. Gustav het in die O/11 B groep deelgeneem en 2de geëindig. Baie geluk...

Kaylin Grobler presteer as danser.

Kaylin Grobler in Gr. 7 VR het deelgeneem aan 'n Eisteddfod kontemporêre dans-item saam met 'n paar ander hoërskool leerlinge van Caroline Kotze School of Dance. Hul dansgroep het 'n diploma (bo 90%) verwerf en is ook in die finaal as wenners in die kategorie "small group dance age 15-16" aangewys. Baie geluk...

Strategiese vraelys 2019

Dis weer tyd vir ons jaarlikse opname waar ouers genooi word om hul opinies te lewer oor kernfasette van die skool. Kliek HIER om die vraelys te voltooi (voor of op 11 Oktober 2019). Julle insette is baie welkom en is ’n beduidende rigtingaanwyser vir die personeelkorps en die Beheerraad. Verlede jaar se antwoorde het belig dat ons leerders baie gelukkig is by die skool en dat ons akademiese benadering positief beskou word. Drie aspekte is uitgesonder as minder positief en het meer aandag geniet die afgelope jaar: Sport, diversiteit en godsdiens. Hier is ’n lys van onlangse projekte: SPORT: Hokkie is ingesluit as wintersport, ’n proefkontrak met ’n swemskool is gesluit asook ’n Suid-Kaap-toer, sportklinieke en meer wedstryde is georganiseer vir rugby en netbal. Die nuwe tennisbenadering kry ook gesonde aftrek. DIVERSITEIT en GODSDIENS: ’n Onderwysersbeurs is geskep vir ’n aanstelling in 2020, twee Huppelland-assistente word ondersteun met verdere studies in vroeë kinderontwikkeling, twee personeellede word finansier om bestuurslisensies te bekom en drie diversiteitswerkwinkels is georganiseer vir alle onderwyspersoneel. Gereelde sprekers d.m.v. die Mense van Kaapstad-projek is genooi om leerders toe te spreek tydens saalbyeenkomste en die verwelkomingsprojek, Trotse Jannies. Die isiXhosa100-projek is ook gebore. ’n Nuwe beursprojek is pas bekendgestel waar 10 kinders vir 50% van fooie kan kwalifiseer. Die Godsdiensbeleid is herskryf en word stelselmatig geïmplementeer. BESTUUR: ’n Personeel-bestuurraad is aangestel vir ’n ewewigtige en effektiewe bestuurstrategie, veral gesien in die lig van Mnr. Oosthuizen se aftrede binnekort. Die bestuur van Huppelland is geïntegreer by die laerskool en alle toelatings en administrasie word nou deur die laerskool bestuur. TERREIN EN OPKNAPPING: Die verhoog, badkamers, snoepie en...

Bokkie-dag

Ons SKOP die Wêreldbeker-rugbytoernooi op die regte noot af hierdie jaar! Kom Vrydag, 20 September skool toe in gratis GROEN EN GEEL sivvies om die Springbokke voorspoed toe te wens met die rugby! Betaal R20 vir 'n heerlike groen en geel smulpakkie/luckypacket om die vakansie en Wêreldbeker op die regte noot te begin. - Pakkie sluit in: 'n pakkie chips, ietsie om te drink, 'n soetdingetjie en ook 'n afwas tattoo. - Pakkies sal op Vrydag 20 September voor eerste pouse uitgedeel word. - Bestellings kan gemaak word op die Karri-toep of kontant betaal word by juf. Wright. - Slegs 'n beperkte aantal...

Wow-spelkompetisie

Katryn Silvis (Gr.1) en Jana Brink (Gr.6) het Saterdag aan die Wow-spelkompetisie se provinsiale rondte deelgeneem. Die kompetisie was straf, maar hulle het hulself uitstekend van hul taak gekwyt. Jana het sesde geëindig en Katryn vierde! Katryn dring dus deur na die nasionale kompetisie wat Saterdag, 19 Oktober in Stellenbosch plaasvind. Lekker verder spel, Katryn! Ons is baie trots op...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor