Vanaf Maandag 16 tot Woensdag 18 Sept.bied Dirkie Chamberlain en Margaux Reynecke vir ons leerders verskeie hokkieklinieke op die Conradieveld aan.

Margaux Reynecke het hierdie jaar met verskeie JvR-spanne se afrigting gehelp. Sy het verskeie Boland en WP-spanne afgerig en vorm deel van Nasionale en Internasionale klinieke wat vir skole en klubs aangebied is by, onder andere, DF Malan. Sy het gedurende die vorige seisoen in Engeland spanne afgerig en vertrek eersdaags na Holland vir afrigting en om self vir ‘n klub te speel. Dirkie Chamberlain het al meer as 230 “caps” vir die SA vroue-hokkiespan. Hierdie wedstryde sluit in 1 olimpiese spele, 3 Commonwealth Games en 4 Wêreldbeker toernooie. Sy speel al 8 jaar vir top liga spanne oorsee in Holland, Engeland en België. Sy vertrek binnekort weer na België vir die nuwe seisoen.

Maandag, 16 September
Ouderdom: O/13 & O/14
Tyd: 13:30 – 15:00
Koste: R200
Dinsdag, 17 September
Ouderdom: O/11 & O/12
Tyd: 13:30 – 15:00
Koste: R200
Woensdag, 18 September
Ouderdom: O/9 & O/10
Tyd: 13:30 – 14:30
Koste: R150
Betalings kan by juf. Hanekom gemaak word. Stuur kontant in ‘n koevert met die leerder se naam op na die sportkantoor.