Die jaar spoed ten einde en dis tyd om een van die hoogtepunte op die 2020-kalender te begin reël – die Graad 7’s se Oranjerivierroei!

Deon Pieterse het dit vir baie jare gereël en almal wat saamgegaan het, was dit eens dat dit ‘n heerlike ervaring met baie spesiale herinneringe was. Deon tree aan die einde van hierdie kwartaal af, maar ons wil verseker dat die Graad 7’s steeds op hierdie lekker kort vakansie kan gaan. Soos voorheen sal Felix Unite die toeroperateurs wees.

‘n Paar ouers – LJ le Roux, Wallie van der Walt, Jean en Hanlie Lombaard – reël die 2020-uitstappie met die skool se goedkeuring en insette van Deon.

‘n Inligtingsvergadering vir alle 2020 Gr.7-ouers wat wil saamgaan is geskeduleer vir Donderdagaand, 3 Oktober 2019, 18:00 – 19:00. Dit sal by die skool gehou word. Daar is reeds ‘n e-pos aan al die huidige Gr.6-ouers hieroor uitgestuur. Ons hoop ons sien julle daar!