Die O/11A en O/13A-netbalspanne het op Saterdag, 7 September, gaan kamp opslaan by Hoërskool De Kuilen vir die WP-netbalfinale. Beide spanne het in die B-liga meegeding. Na ‘n baie lang en warm dag het beide spanne tot die semi-finaal deurgedring. Die O/13 A-span het aan die einde van die rondte gelykop teen Parow-Oos gespeel. Daar is ekstra tyd gespeel en hulle het met 1 punt gewen. Die O/11A-span het teen Totius in die semi-finaal te staan gekom en 12 – 7 gewen. Daarna het die finale rondte vir beide spanne gewag. Albei spanne het teen Nomsa Primêr, vanuit Khayalistha, gespeel. Nomsa gaan al vir ‘n paar agtereenvolgende jare na die Nasionale Toernooi in Boksburg en eindig gereeld onder die top 3 vir hul kategorie. Aan die einde van die dag stap die O/13 A-span met ‘n silwer medalje weg. Hul telling was 6-7. Die O/11 A-span wen almal goue medaljes met ‘n telling van 8-6. Hulle is dan ook die B-liga wenners vir O/11! Baie geluk aan AL die spelers en hul afrigters, juf. Ischké Felix (O/13) en juf. Lucia de Jager (O/11).