Woord van die week 84
ommesientjie Definisie: ‘n baie kort tydjie Sin: Ek het in ‘n ommesientjie my toets klaargemaak. Wenner: Owen Wiese (Gr.4vdW)
Kooroptrede Sondagaand
Onthou asb. dat albei kore Sondagaand om 19:00 by Tamboerskloof N G Kerk in Kloofnekweg by hulle Kerssangdiens sing. Wees asb. teen 18:45 by die kerk. Koorlede dra WIT en sit by hulle ouers. Sien julle daar!
Sport / Kultuur en Veelsydigheidsbeker 2019
Alle belangstellende leerders het vandag (8 November) briewe vir die Sport-/Kultuur- en Veelsydigheidsbekers ontvang. Voltooi asb. die vorm en stuur dit met die nodige bewyse terug na hul registeronderwysers. Hierdie toekennings is oop vir almal (Gr.4-7) wat aan die vereistes, soos gelys in die brief, voldoen. Indien leerders die briewe verloor het of moontlik nie in die klas was toe dit uitgedeel is nie, kan ouers dit self druk: Sport-/ Kultuur- en Veelsydigheidsbeker...
Table View swemgala, 31 Oktober
Op Donderdag, 31 Oktober, het meer as 50 van die skool se O/9 tot O/13 swemmers aan Laerskool Table View se swemgala deelgeneem. Die gala het aflos sowel as individuele items ingesluit. Ons skool was 'n laaste minuut inskrywing nadat 'n ander skool onttrek het. Die leerders het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Laerskool Jan van Riebeeck het tweede geëindig vir die dag. Volg die skakel vir die finale...
Begroting 2020
Die Begroting vir 2020 is op 6 November tydens die Begrotingsvergadering aan die ouers voorgelê en aanvaar. Die skoolfondsverhoging vir 2020 is 8.5%. Volg die SKAKEL vir die skoolfooie vir 2020.
Konsert 2019 alternatiewe rolverdeling
Kliek HIER vir die video met die alternatiewe rolverdelings in hierdie jaar se konsert.
Springbok Busparade
Elke leerder ontvang vandag 'n toestemmingsbrief wat onderteken moet word en môre teruggestuur word skool toe. Die brief bevat die volgende inligting: • Die skool gaan Maandag, 11 Nov., stap om die Springbok busparade te kyk. Ons skat die bus gaan ongeveer 12:00 onder in Kloofstraat op die draai wees. • Ouers het ’n keuse om hul kind(ers) te kom haal en saam met hulle te stap, of hul kind(ers) saam met die onderwysers te laat stap. Daar sal toesig by die skool wees vir leerders wat nie wil deelneem nie. • Ons wil ouers ook uitnooi om saam met die klas te stap en so die onderwyser te help met toesig. • Ouers wat hul kinders kom haal, kan hul kinders om 11:15 by die registerklas uitteken en hoef nie hul kinders weer ná die busparade terug te bring skool toe nie. • Ons sal vanaf 11:30 na Buitensingel begin stap. • Ons sal ’n Whatsapp uitstuur sodra ons op pad terug skool toe is sodat ouers hul kinders kan kom haal. • Alle leerders dra netjiese somerskooldrag (geen sportklere) • Daar sal nie Maandag enige buitemuurse aktiwiteite plaasvind nie. • Die skoolbus sal later vertrek, afhangend van hoe laat ons terug by die skool is. Kliek HIER om die toestemmingsbrief self te druk. Kliek HIER om die roete van die busparade te...
Tennniswedstryde – 6 November
Ons het Woensdag, 6 November, die laaste tenniswedstryde vir die jaar gespeel. Al drie wedstryde was ligawedstryde. Die reën het niemand gestop nie, al moes ons elke nou en dan 'n rukkie onder 'n boom of dakkie wegkruip. Die volgende wedstryde is gespeel: Seuns A [Peet Karsten, Jan Karsten, Fredrich Erasmus en Danny Newton] vs. Gene Louw B....ons wen 5-1 Dogters A [Leila Lonte, Mia Symington,Jacomien van der Westhuizen en Heloise Strauss] vs. Gene Louw B verloor 2-4 Gemengde A [Luca Zulch, Chiara Roodt, Mieke Hertzog en Liza Hertzog] vs. Monte Vista ,verloor...
Gr 1-3 Buitemuurse program tydens die eksamen
Die Buitemuurse Program kom op Vrydag, 8 November, vir alle gr. 4-7 leerders tot 'n einde a.g.v die eksamen. Ons gaan weer 'n spesiale program vir Gr.1-3-leerders gedurende die eksamen (12-22 November) volg. Leerders het reeds die program (op 'n blou papier) ontvang. Maandag, 11 November, se sessies val egter weg a.g.v die Springbokke se optog deur die stad. Volg die skakel vir die program: 12-22 November Bywoning is nie verpligtend nie. Hierdie oefeninge sal slegs deur die buite-afrigters aangebied word. Die onderwysers is dan besig om die nodige administrasie af te handel en finale beplannings vir 2020 te doen. Die bus sal gedurende die eksamen daagliks om 13:20...
Bestel foto’s
Bestel buitemuurse aktiwiteite foto's: 1: Sien voorbeelde van ALLE foto’s op die muur in die Gr.3 gang. Jy kan ook van die foto's op die fotograaf se WEBTUISTE sien. 2: Voltooi ALLE inligting op die fotokoevert. 3: Kies die foto’s wat jy wil bestel en skryf dan die KORREKTE KODE, onder die foto op die koevert. 4: Plaas die korrekte bedrag geld in die koevert en stuur terug skool toe. LAASTE DAG VAN BESTELLING: Dinsdag, 19 November 2019 Indien jy die koevert verloor, bestel die foto’s op die fotograaf se...
Santa Shoebox – ‘n reuse sukses
Baie dankie aan elke Jannie- en Huppelland-familie wat bydraes gelewer het tot hierdie wonderlike projek. Ons het in totaal 102 boksies gepak en gaan sodoende vir 102 kinders 'n glimlag op Kersdag gee. Hierdie projek beeld een van ons waardes, naamlik omgee, so mooi uit. Saam maak ons 'n...
Kooroptredes: Junior- en Seniorkore
Onthou asb. die 2 kooroptredes: Sondagaand 17 November om 19:00 : Tamboerskloof N G Kerk Sondagaand 1 Desember om 18:00 : Drieankerbaai N G Kerk Koorlede dra WIT klere. Wees asb. 'n kwartier voor die diens begin, daar.
Alet ontvang silwer toekenning in Voortrekkers Nasionale toetskamp
Alet Hitge het die afgelope Oktober skoolvakansie, 'n silwer toekenning ontvang vir haar Voorslag in die Voortrekkers se Nasionale toetskamp. Die organisasie het laat weet dat hulle geweldig trots is op Alet en op die manier hoe sy 'n voorbeeld is vir die jonger kinders en haar deel doen in Bellville Oom Vossie Kommando. Alet gaan elke Vrydag Bellville toe vir die byeenkomste. Sy moes hard werk en voorberei om die Voorslag prestasies te behaal. Hulle toets onder andere haar leierskaps- en praktiese vaardighede. Baie geluk...
Sofia Goosen se projek in tydskrif
Sofia Goosen (Gr.7K) het in hierdie maand se National Geographic tydskrif verskyn vir 'n projek wat sy self begin het en handhaaf. Baie geluk met hierdie inisiatief, Sofia! Ons sien uit om te sien wat die toekoms inhou vir jou met die projek.
The Book People boekverkoping
Belangrike Datums
augustus 2026