Elke leerder ontvang vandag ‘n toestemmingsbrief wat onderteken moet word en môre teruggestuur word skool toe. Die brief bevat die volgende inligting:

• Die skool gaan Maandag, 11 Nov., stap om die Springbok busparade te kyk. Ons skat die bus gaan ongeveer 12:00 onder in Kloofstraat op die draai wees.
• Ouers het ’n keuse om hul kind(ers) te kom haal en saam met hulle te stap, of hul kind(ers) saam met die onderwysers te laat stap. Daar sal toesig by die skool wees vir leerders wat nie wil deelneem nie.
• Ons wil ouers ook uitnooi om saam met die klas te stap en so die onderwyser te help met toesig.
• Ouers wat hul kinders kom haal, kan hul kinders om 11:15 by die registerklas uitteken en hoef nie hul kinders weer ná die busparade terug te bring skool toe nie.
• Ons sal vanaf 11:30 na Buitensingel begin stap.
• Ons sal ’n Whatsapp uitstuur sodra ons op pad terug skool toe is sodat ouers hul kinders kan kom haal.
• Alle leerders dra netjiese somerskooldrag (geen sportklere)
• Daar sal nie Maandag enige buitemuurse aktiwiteite plaasvind nie.
• Die skoolbus sal later vertrek, afhangend van hoe laat ons terug by die skool is.

Kliek HIER om die toestemmingsbrief self te druk.
Kliek HIER om die roete van die busparade te sien.