Ons het Woensdag, 6 November, die laaste tenniswedstryde vir die jaar gespeel. Al drie wedstryde was ligawedstryde. Die reën het niemand gestop nie, al moes ons elke nou en dan ‘n rukkie onder ‘n boom of dakkie wegkruip.
Die volgende wedstryde is gespeel:
Seuns A [Peet Karsten, Jan Karsten, Fredrich Erasmus en Danny Newton] vs. Gene Louw B….ons wen 5-1
Dogters A [Leila Lonte, Mia Symington,Jacomien van der Westhuizen en Heloise Strauss] vs. Gene Louw B verloor 2-4
Gemengde A [Luca Zulch, Chiara Roodt, Mieke Hertzog en Liza Hertzog] vs. Monte Vista ,verloor 6-0