Die Buitemuurse Program kom op Vrydag, 8 November, vir alle gr. 4-7 leerders tot ‘n einde a.g.v die eksamen. Ons gaan weer ‘n spesiale program vir Gr.1-3-leerders gedurende die eksamen (12-22 November) volg. Leerders het reeds die program (op ‘n blou papier) ontvang. Maandag, 11 November, se sessies val egter weg a.g.v die Springbokke se optog deur die stad. Volg die skakel vir die program: 12-22 November
Bywoning is nie verpligtend nie. Hierdie oefeninge sal slegs deur die buite-afrigters aangebied word. Die onderwysers is dan besig om die nodige administrasie af te handel en finale beplannings vir 2020 te doen.
Die bus sal gedurende die eksamen daagliks om 13:20 vertrek.