Alet Hitge het die afgelope Oktober skoolvakansie, ‘n silwer toekenning ontvang vir haar Voorslag in die Voortrekkers se Nasionale toetskamp.

Die organisasie het laat weet dat hulle geweldig trots is op Alet en op die manier hoe sy ‘n voorbeeld is vir die jonger kinders en haar deel doen in Bellville Oom Vossie Kommando. Alet gaan elke Vrydag Bellville toe vir die byeenkomste. Sy moes hard werk en voorberei om die Voorslag prestasies te behaal. Hulle toets onder andere haar leierskaps- en praktiese vaardighede. Baie geluk Alet!