Seniorkoor (Gr.4-7)
Maak asb. 'n aantekening van die eerste ekstra kooroefening vir die Seniorkoor op Saterdag 1 Februarie van 9:00 - 12:00.( Let op die verandering in tyd). Almal moet probeer om daar te wees. Nuwe werk word aangeleer.
Voorlopige Interskole Atletiekspan
Na afloop van ons Kleure Atletiekbyeenkoms aan die einde van 2019 het ons 'n voorlopige span geïdentifiseer. Die span is nog onderhewig aan verandering. Atlete onttrek, sommige atlete het vir te veel items gekwalifiseer en moet nou kies en dan het ons natuurlik baie nuwe leerders wat hierdie jaar by ons aansluit. Alle nuwe leerders in die skool wat graag vir die atletiekspan wil kwalifiseer kan juf. Hanekom in die Sportkantoor kontak (sport@jvrprim.co.za). Dui asb. die ouderdom en items aan waaraan hulle wil deelneem. Ons reël dan dat nuwe atlete teen bestaandes tydens oefening kompeteer om moontlik te kwalifiseer. Die eerste atletiekoefening begin Maandag, 20 Januarie, 14:30 tot 15:30 by die Hoërskool se Sportvelde. Volg die skakel vir die VOORLOPIGE...
Algemene Huiswerkklasse Gr.1-7
Hierdie jaar bied ons aan graad 1 - 7-leerders die geleentheid om hul huiswerk by die skool te voltooi deur onderskeie onderwysers/lokale beskikbaar te stel. Ons voeg hierdie huiswerkklasse ook by ons buitemuurse program, aangesien alle onderwysers by 'n buitemuurse aktiwiteit betrokke is. Die buitemuurse program is op die webtuiste beskikbaar, maar is ook aan elke leerder uitgedeel. Die doel hiervoor is dan om die leerders se rooster/beplanning vir die week lekker uiteen te sit met alle inligting op een plek. Graad 1 - 3 leerders het nog altyd geleentheid gehad om hul huiswerk na skool in 'n klas te voltooi, maar vanaf 2020 wil ons die instelling meer formeel maak sodat ons ekstra klem op ons akademie kan plaas. Belangrik om te let dat die algemene huiswerkklasse nie die nasorg se huiswerkklasse vervang nie, maar eerder as 'n addisionele geleentheid gesien word waar leerders huiswerk/leerwerk/navorsing, ens. rustig kan voltooi met 'n onderwyser tot hul beskikking terwyl leerders vir hul ouers of geleentheid wag om hulle te kom haal of vir sport om te begin. Natuurlik mag nasorgleerders van die algemene huiswerkklasse gebruik maak indien dit nodig is. Ons wil poog om weer hande met die hoërskool se tutors te vat om goeie interaksie en leer te verseker, maar dit sal ons eers later kan bevestig. Gr. 1 - Marianna Oosthuizen - Ma. - Do. - 13:15 - 13:45 (sportkinders mag na sport aansluit) Gr. 2 - Wanda van Zyl - Ma. - Do - 13:15 - 14:00 Gr. 3 - Marlene Jooste - Ma, Di en Do - 13:45 - 14:30 Gr. 4 & 5 - Magriet van...
Liewe Aarde
Die herwinning van alle papier en karton by Jan van Riebeeck se depot het gestop tot verdere kennisgewing. Dit is ontstellende nuus, maar landswyd is daar ‘n enorme oorskot, omdat geen van ons papier-rommel meer uitgevoer word na China nie. MPact het ons verlede jaar in kennis gestel dat hulle nie meer ons papier en karton kan oplaai nie. Ons vra dat julle ASB. geen papier of karton van enige soort (riffel en glad) na die skool se depot sal bring...
2020 Buitemuurse program – Kwartaal 1
Swemgroepe – Kwartaal 1 2020
Kliek gerus HIER om jou kind se naam in een van die swemgroepe vir die eerste kwartaal voor of op 18 Januarie in te vul. Die skakel is ook op die SWEMBLAD op die skool se webtuiste beskikbaar.
e-Suidooster 2020, uitgawe 4
Kliek gerus HIER vir ons heel eerste elektroniese Suidooster!
Atletiekuitslae
Baie dankie aan almal wat gehelp het by die Atletiek verlede week! Baie geluk aan die Oranje span wat ons atletiekwenners van 2019 is en die Blou span wat weggeloop het met die sangbeker. Albert Griesel & Sophia Liebenberg en Danny Newton & Héloïse Strauss is aangewys as ons junior en senior sportseun en -dogter. Wel...
Leerderraad 2020
Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot die leerderraad van 2020 (sien die foto hieronder): Agter: Lourens van der Walt, Christian Viljoen, Cayle Stoltz, Kylie du Bruyn, Ella le Roux, Klara von Lieres, Emma Bartel en Onela Roxo. Middel: Stella Malan en Sebastian Boshoff. Voor: Armand Meyer en Jana...
Strategiese vraelys terugvoer
TERUGVOER VERGELYKING VAN VRAE STRATEGIESE VRAELYS RESULTATE 2019 Ons gee graag terugvoer op die onlangse meningspeiling – vir die volledige stemresultate kliek gerus op die skakel hierbo. Dankie aan al die ouers wat deelgeneem het. Ons is verheug om te kan sê dat die meerderheid van leerders steeds gelukkige Jannies is – iets wat ons as ’n beheerraad ongelooflik belangrik ag. Ook dat die akademiese aktiwiteite deur sowat 90% van ouers op koers geag word. ’n Paar kwessies, wat ook deur die kommentaarafdeling belig is, sal die beheerraad se planne vir 2020 beïnvloed. Kliek gerus op die TERUGVOER skakel hierbo vir ’n lys met aanvanklike terugvoer. Ander kwessies wat aandag sal geniet, is die hernuwing van die klerebank-tye, snoepie-voorraad, aanpassing van die koor se repertoire en ’n evaluering van boelie-hantering en hoe dit aangepas kan word. Ons het drie meningspeilings onder ouers gedoen in 2016, 2018 en 2019. Noudat ons drie jaar se data het, is dit interessant hoe reaksies op bepaalde vrae verander het en of ons wel vordering maak wat sekere kwessies behels. Ongelukkig is dit is wel só dat die peiling se vrae verskil het van jaar tot jaar en verskillende metodologieë gebruik is. Tog is daar ’n paar vergelykende kwessies wat ons kon vergelyk, kliek gerus op die VERGELYKING VAN VRAE skakel bo-aan. Hier is die ouerverkose beheerraad-lede se portefeuljes en kontakbesonderhede vir diegene wat hulp of raad wil aanbied in die uitvoer van projekte: Bemarking, kommunikasie en diversiteit: iventer@media24.com Terrein en infrastruktuur: lj@lrjsteel.co.za Sport en finansies: cobus@moresport.co.za Akademie: kees@flickswitch.co.za Voorsitter: mscholtz@genfin.co.za Ons sien uit om die skool tot verdere hoogtes te neem saam met...
Liewe Aarde
Baie dankie aan almal wat vanjaar by die Liewe Aarde depot herwin het. Die Rommel nood raak al hoe dringender. Onthou asb: om aankope te verminder, te hergebruik waar moontlik, en altyd te herwin. Baie dankie aan die volgende gesinne wat reg deur die jaar baie getrou herwin: Mieke Huysamen Sophia Derksen Ruben, Markus en Lea de Ridder Taru de Wet Isabella en Elsabet Marais Dietz en Heinke Punt Kate en Neil Heyns Lara Pieterse Conrad Slabber Frank van der Walt Isabel en Aiden Duncan Emma en Anna van Biljon Lara Basson Lia Luna Li Latti Danielle en Lumarie Fourie Taniel en Thornley Webber Ameli Snyman Mila du...
Jannies word na die WP Tennis proewe genooi
Ons wil graag vir die volgende leerders baie sterkte toe wens met die Cape Town (WP)-Tennis proewe. Hulle is genooi na hierdie proewe nadat hulle by die sone rondtes gespeel het. Ons is baie trots op Mia Symington, Fredrich Erasmus en Peet Karsten. Baie sterkte julle!
The Book People kompetisie
Wenner van THE BOOK PEOPLE se "Ontwerp jou eie dagboek-voorblad" kompetisie: DEWALD BUITENDAG, Gr.4 VDV Veels geluk, Dewald!
Kleuresport 2019 se uitslae
Baie dankie aan almal wat ons die laaste twee dae ondersteun het by die jaarlikse Atletiek. Ons deel graag die finale uitslae met julle, maar sal die bekerwenners eers volgende week bekend maak nadat dit met die kinders gedeel is. Onthou asb. dat elke atleet 'n punt vir deelname kry en dat die finale punte dit en die onderskeie uitslae se punte insluit. Volg die skakel vir die uitslae van die KLEURE ATLETIEK...
Liewe Aarde belangrike kennisgewing
Belangrike herwinning-nuus: Die herwinning van alle papier en karton by Jan van Riebeeck se depot eindig hierdie week tot verder kennisgewing. Dit is ontstellende nuus, maar landswyd is daar ‘n enorme oorskot omdat geen van ons papier-rommel meer uitgevoer word na China nie. MPact het ons verlede week in kennis gestel dat alhoewel die groot groen igloes op ons terrein sal bly staan, word hulle nie meer leeggemaak nie. Ons vra dat julle ASB. geen papier of karton van enige soort (riffel en glad) na die skool se depot sal bring nie. Dit dwing ons om hard te dink hoe ons papier/karton kan verminder in ons lewens. Recycle1st wat al ons plastiek oplaai bevestig die huidige papier dilemma en vra of ons innoverende Jannies nie planne kan maak om self papier te hergebruik/herwin nie. Eierboksies as...
Belangrike Datums
augustus 2026