TERUGVOER
VERGELYKING VAN VRAE
STRATEGIESE VRAELYS RESULTATE 2019

Ons gee graag terugvoer op die onlangse meningspeiling – vir die volledige stemresultate kliek gerus op die skakel hierbo. Dankie aan al die ouers wat deelgeneem het. Ons is verheug om te kan sê dat die meerderheid van leerders steeds gelukkige Jannies is – iets wat ons as ’n beheerraad ongelooflik belangrik ag. Ook dat die akademiese aktiwiteite deur sowat 90% van ouers op koers geag word.

’n Paar kwessies, wat ook deur die kommentaarafdeling belig is, sal die beheerraad se planne vir 2020 beïnvloed. Kliek gerus op die TERUGVOER skakel hierbo vir ’n lys met aanvanklike terugvoer.

Ander kwessies wat aandag sal geniet, is die hernuwing van die klerebank-tye, snoepie-voorraad, aanpassing van die koor se repertoire en ’n evaluering van boelie-hantering en hoe dit aangepas kan word.

Ons het drie meningspeilings onder ouers gedoen in 2016, 2018 en 2019. Noudat ons drie jaar se data het, is dit interessant hoe reaksies op bepaalde vrae verander het en of ons wel vordering maak wat sekere kwessies behels. Ongelukkig is dit is wel só dat die peiling se vrae verskil het van jaar tot jaar en verskillende metodologieë gebruik is. Tog is daar ’n paar vergelykende kwessies wat ons kon vergelyk, kliek gerus op die VERGELYKING VAN VRAE skakel bo-aan.

Hier is die ouerverkose beheerraad-lede se portefeuljes en kontakbesonderhede vir diegene wat hulp of raad wil aanbied in die uitvoer van projekte:

Bemarking, kommunikasie en diversiteit: iventer@media24.com
Terrein en infrastruktuur: lj@lrjsteel.co.za
Sport en finansies: cobus@moresport.co.za
Akademie: kees@flickswitch.co.za
Voorsitter: mscholtz@genfin.co.za

Ons sien uit om die skool tot verdere hoogtes te neem saam met julle in 2020. Maar vir eers – geniet die vakansie. Ons wens julle ’n mooi en veilige feestyd toe.

Beste wense,
Die beheerraad