Belangrike herwinning-nuus:
Die herwinning van alle papier en karton by Jan van Riebeeck se depot eindig hierdie week tot verder kennisgewing.

Dit is ontstellende nuus, maar landswyd is daar ‘n enorme oorskot omdat geen van ons papier-rommel meer uitgevoer word na China nie. MPact het ons verlede week in kennis gestel dat alhoewel die groot groen igloes op ons terrein sal bly staan, word hulle nie meer leeggemaak nie.

Ons vra dat julle ASB. geen papier of karton van enige soort (riffel en glad) na die skool se depot sal bring nie.

Dit dwing ons om hard te dink hoe ons papier/karton kan verminder in ons lewens. Recycle1st wat al ons plastiek oplaai bevestig die huidige papier dilemma en vra of ons innoverende Jannies nie planne kan maak om self papier te hergebruik/herwin nie. Eierboksies as vuuraanstekers??