Baie dankie aan almal wat gehelp het by die Atletiek verlede week! Baie geluk aan die Oranje span wat ons atletiekwenners van 2019 is en die Blou span wat weggeloop het met die sangbeker. Albert Griesel & Sophia Liebenberg en Danny Newton & Héloïse Strauss is aangewys as ons junior en senior sportseun en -dogter. Wel gedaan!