Hierdie jaar bied ons aan graad 1 – 7-leerders die geleentheid om hul huiswerk by die skool te voltooi deur onderskeie onderwysers/lokale beskikbaar te stel. Ons voeg hierdie huiswerkklasse ook by ons buitemuurse program, aangesien alle onderwysers by ‘n buitemuurse aktiwiteit betrokke is. Die buitemuurse program is op die webtuiste beskikbaar, maar is ook aan elke leerder uitgedeel. Die doel hiervoor is dan om die leerders se rooster/beplanning vir die week lekker uiteen te sit met alle inligting op een plek. Graad 1 – 3 leerders het nog altyd geleentheid gehad om hul huiswerk na skool in ‘n klas te voltooi, maar vanaf 2020 wil ons die instelling meer formeel maak sodat ons ekstra klem op ons akademie kan plaas.

Belangrik om te let dat die algemene huiswerkklasse nie die nasorg se huiswerkklasse vervang nie, maar eerder as ‘n addisionele geleentheid gesien word waar leerders huiswerk/leerwerk/navorsing, ens. rustig kan voltooi met ‘n onderwyser tot hul beskikking terwyl leerders vir hul ouers of geleentheid wag om hulle te kom haal of vir sport om te begin. Natuurlik mag nasorgleerders van die algemene huiswerkklasse gebruik maak indien dit nodig is. Ons wil poog om weer hande met die hoërskool se tutors te vat om goeie interaksie en leer te verseker, maar dit sal ons eers later kan bevestig.

Gr. 1 – Marianna Oosthuizen – Ma. – Do. – 13:15 – 13:45 (sportkinders mag na sport aansluit)
Gr. 2 – Wanda van Zyl – Ma. – Do – 13:15 – 14:00
Gr. 3 – Marlene Jooste – Ma, Di en Do – 13:45 – 14:30
Gr. 4 & 5 – Magriet van Zyl (biblioteek) – Ma – Wo – 14:15 – 15:10
Gr. 6 & 7 – Charlene van Rooyen – Di en Do. – 14:15 – 15:10