Na afloop van ons Kleure Atletiekbyeenkoms aan die einde van 2019 het ons ‘n voorlopige span geïdentifiseer. Die span is nog onderhewig aan verandering. Atlete onttrek, sommige atlete het vir te veel items gekwalifiseer en moet nou kies en dan het ons natuurlik baie nuwe leerders wat hierdie jaar by ons aansluit.
Alle nuwe leerders in die skool wat graag vir die atletiekspan wil kwalifiseer kan juf. Hanekom in die Sportkantoor kontak (sport@jvrprim.co.za). Dui asb. die ouderdom en items aan waaraan hulle wil deelneem. Ons reël dan dat nuwe atlete teen bestaandes tydens oefening kompeteer om moontlik te kwalifiseer. Die eerste atletiekoefening begin Maandag, 20 Januarie, 14:30 tot 15:30 by die Hoërskool se Sportvelde. Volg die skakel vir die VOORLOPIGE Interskole-Atletiekspan.