Die herwinning van alle papier en karton by Jan van Riebeeck se depot het gestop tot verdere kennisgewing. Dit is ontstellende nuus, maar landswyd is daar ‘n enorme oorskot, omdat geen van ons papier-rommel meer uitgevoer word na China nie. MPact het ons verlede jaar in kennis gestel dat hulle nie meer ons papier en karton kan oplaai nie. Ons vra dat julle ASB. geen papier of karton van enige soort (riffel en glad) na die skool se depot sal bring nie.