Tweekamp atlete presteer by Interprovinsiale byeenkoms

Saterdag, 1 Februarie, het 15 atlete deelgeneem aan die interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn. Dit is 'n spog byeenkoms waar WP, Boland, OP, Grens, SWD en die Noord-Kaap deelneem. Die byeenkoms bestaan uit twee afdelings. Atlete neem individueel deel en in die tweede afdeling in skoolverband. Ons atlete het alles gegee op die baan (wat 43 grade bereik het) en het nie teleurgestel in die swembad nie. Delmar Benecke het die beste posisie behaal en het algeheel 4de geeïndig uit 33 atlete. Al ons atlete het of op die baan of in die swembad hulle beste tye ooit gehardloop of geswem. Ané Swanepoel het haar beste tyd gehardloop. Dax Liversage het sy beste tyd geswem. Ruald Naude het sy beste tyd geswem. Lourens van der Walt het sy beste tyd geswem en gehardloop. Kian Eksteen het sy beste tyd gehardloop en geswem. Alexander Benecke het sy beste tyd geswem. Kianna-Gro Liversage het haar beste tyd gehardloop en geswem. Stephan Griesel het sy beste tyd gehardloop. Albert Griesel het sy beste tyd gehardloop en geswem. Sophia Liebenberg het haar beste tyd gehardloop. Zuletha Ferreira het haar beste tyd gehardloop. Cara Swanepoel het haar beste tyd gehardloop en geswem. Ons atlete het alles gegee en dit was merkwaardig om hulle deursettingsvermoë dop te hou. Na al die verrigtinge was dit tyd om te hoor wie die wen skole is van die kompetisie. Die uitslae was die naaste wat dit nog ooit was in die kompetisie. Die skole wat tweede tot vyfde geëindig het, was met net 150 punte uitmekaar. Alhoewel ons nie die jaar 'n medalje verower het nie, is daar soveel...

Senior Interhuis Swemgala, 14 Februarie

Dit is weer amper tyd vir ons jaarlikse Senior (Gr.4 - 7 ) Interhuis Swemgala. Alle Gr.4 tot 7 leerders wat kan swem, mag aan hierdie gala deelneem. Leerders wat nie deelneem nie, trek vir die dag hul skoolklere aan. Die leerders wat wel wil deelneem, trek hul JvR swemklere (swembroek en swempet) aan. Ouers is welkom om hul kinders te kom ondersteun. Volg die skakel vir die REKORDS &...

Sonhoed tydens sportoefening

Ons herinner ouers daaraan dat leerders tydens sportoefening asseblief hul hoede moet dra. Die son kan baie gevaarlik wees, selfs al is dit bewolk.

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Keira Heyns in Graad 7A. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Kleefplastiek: nuttig, maar só sleg vir die omgewing Kleefplastiek is per ongeluk in die 1930's in 'n laboratorium in Amerika ontwikkel: dit was 'n byproduk van 'n chemiese proses om iets anders te maak. Vandag gebruik mense wêreldwyd kleefplastiek om kos vars te hou. Ongelukkig kan dit nie herwin word nie, en wanneer dit uiteindelik ontbind, stel dit skadelike chemikalieë vry. Hier is drie alternatiewe tot kleefplastiek: 1) Gebruik herbruikbare byewas-omhulsels om kos vars te hou 2) Bêre kos wat oorbly in glashouers 3) Bedek kos wat oorbly met foelie, eerder as kleefplastiek. (Bron: National...

Valentynsdag

10 - 13 Februarie hou ons valentynsdag verkope! Elke pouse sal daar 'n verskeidenheid lekkernye, geskenkies en bederfies wees om te koop. Daar sal ook 'n lootjieverkope wees teen R10 om 'n Minnie en Mickey teddiebeer te wen! Daar sal slegs 50 lootjies te koop wees! Alles ten bate van fondsinsameling vir ons somersokkie ,6 Maart...

Jannies Talent

Onthou om te kom inskryf vir Jannies Talent! As jy 'n besondere talent het, kom doen 'n oudisie en wys ons. Enigeen van Gr.1-7 kan inskryf. Kom gesels met juf Helecia. Enige Gr.7-leerder wat 'n oudisie wil doen vir aanbieder, is ook baie welkom. Inskrywings sluit Vrydag, 6...

Jannies presteer by Kaapstad Minitoernooi

Mia Symington het die naweek aan die SA Tennis - Kaapstad minitoernooi deelgeneem. Sy het Saterdag al haar wedstryde gewen en deurgedring tot die "Goue Plaat finaal" wat Sondag by UCT plaasgevind het. Dit was 'n naelbyt wedstryd, gelykop 1 stel elk, waarna sy die valbyl gewen het! Mia wen dan die enkelspel toernooi en ontvang 'n pragtige trofee. Mia en Heloïsé Strauss het ook saam aan die dubbels afdeling deelgeneem en elk 'n silwer medalje ontvang. Baie geluk aan beide spelers, dis wonderlike prestasies! Tydens dieselfde toernooi het Klara Maree die 0/10 afdeling gewen en ook 'n pragtige troefee verower ! Baie geluk julle drie,ons is baie trots op...

O/9 Krieketspan se eerste wedstryduitslae

Die O/9 krieketspan het op Dinsdag, 28 Februarie, hul seisoen afgeskop teen Laerskool Kampsbaai. Dit was 'n lekker middag met 'n pragtige uitsig oor Kampsbaai. Ons span het die wedstryd 37 teenoor -2 gewen. Baie geluk manne,dit is fantasties om die seisoen so af te skop...

MyJvR – ouerinligting

MyJvR is weer beskikbaar vir ouers. Alle ouers moet asb. inteken om seker te maak die kontakbesonderhede en inligting wat die skool het, is korrek. Dit bevat ook die leerders se mediese inligting en dis belangrik dat ouers dit nagaan. Stappe: 1. Kliek HIER om na MyJvR te gaan (ook beskikbaar bo-aan die skool se webtuiste). 2. Teken in met jou e-posadres en wagwoord (wat in 2019 vir bestaande ouers gestuur is). 3. Indien jy jou wagwoord vergeet het, gebruik die "Wagwoord verloor?" opsie aan die onderkant van die skerm. Onthou om die e-posadres te gebruik wat jy destyds vir die skool gegee het. 4. Gaan jou inligting na en wysig dit indien nodig. 5. Indien enige van die stappe nie werk nie, of jy is nie seker wat om te doen nie, stuur gerus 'n e-pos aan...

15 Tweekamp atlete op pad na Oudtshoorn

15 van ons atlete neem die naweek deel aan die interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn. WP, Boland, SWD, Grens en Noord-Kaap neem almal aan die byeenkoms deel. 5 Skole in die WP het gekwalifiseer om ook in skoolverband deel te neem by die byeenkoms. Die skole is Laerskool Jan van Riebeeck, Durbanville, Kenridge, De Hoop en Welgemoed. Ons atlete wat deelneem is: Zuletha Ferreira, Delmar en Alexander Benecke, Ané, Cara en Mari Swanepoel, Dax en Kianna Liversage, Lourens en Isabella van der Walt, Albert en Stephan Griesel, Kian Eksteen, Sophia Liebenberg en Ruald Naudé. Ons wens vir die atlete alle sterkte toe vir die naweek en weet sommer dit sal goed...

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Emma van Biljon in Graad 4F. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Onthou: Geen meer papier- of kartonherwinning nie! Onthou asseblief dat ons glad nie meer enige papier of karton by die skool kan herwin nie, aangesien ons herwinningsvennote niks meer kan doen met die papier wat hulle by ons oplaai nie. Die mark daarvoor is versadig en uitvoere van herwinningspapier na die Ooste is gestaak. Niemand mag enige papier in die groen papier-igloes gooi nie en geen karton in die kartonhouers nie, want dit sal nie verwyder word nie. Dankie dat almal verstaan en...

Tennispretdag, 8 Februarie 2020

Op Saterdag, 8 Februarie, beplan ons 'n lekker pretdag vir tennis. Dit gaan verskeie wedstryde insluit. Enige inskrywings moet asb. via die Karri toep gedoen word. Koste beloop R30 pp en sluit 'n "stil water" in. Ons gaan om 08:00 begin met registrasie waartydens almal hul eertse wedstrydbepalings gaan ontvang. Die volgende wedstryd-opsies is beskikbaar: Junior Dubbels; Ouer en kind dubbels en Ouer/s dubbels. Tussen 11:00 en 12:30 gaan ons vertoonwedstryde plaasvind. Alle wedstryde gaan tot 40 minute beperk word en 'n sentrale fluitjie sal die einde van elke rondte aandui. Daar beloof om verskeie ander verrassings gedurende die dag op te duik! Bring gerus 'n piekniek mandjie en iets vir die kole. Ons sal braaidromme, hout en platroosters voorsien. Dit gaan 'n lekker geleentheid wees om die tennisafrigters en van ons personeel op 'n informele wyse te leer...

Skool kom vroeër uit – 6 Februarie

Donderdag, 6 Februarie gaan 68 van ons atlete aan die Interskole Atletiekbyeenkoms deelneem. Heelwat (11) van ons onderwysers gaan as beamptes optree. Dit is 'n normale skooldag vir die res van die leerders, behalwe dat die skool 13:00 vir Gr.1-3 en 13:15 vir Gr.4-7 sal sluit.Die bus sal dan ook om 13:20 vertrek en geen ander skool-buitemuurse aktiwiteite sal op hierdie dag wees...

Jannies vir Jesus

Ons herinner alle Jannies aan "Jannies vir Jesus" wat elke Donderdagoggend 7:15 - 7:45 in die saal plaasvind. Ons sing lekker saam en dan deel een van die betrokke onderwysers 'n kort boodskap. Almal is welkom!

Seniorkoor

Onthou asb. dat almal wat gekies is om in die seniorkoor te sing, Saterdagoggend van 9:00 - 12:00 'n oefening by die skool moet bywoon. Trek lekker gemaklik aan en bring eie eet- en drinkgoed.

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor