MyJvR is weer beskikbaar vir ouers.

Alle ouers moet asb. inteken om seker te maak die kontakbesonderhede en inligting wat die skool het, is korrek. Dit bevat ook die leerders se mediese inligting en dis belangrik dat ouers dit nagaan.

Stappe:
1. Kliek HIER om na MyJvR te gaan (ook beskikbaar bo-aan die skool se webtuiste).
2. Teken in met jou e-posadres en wagwoord (wat in 2019 vir bestaande ouers gestuur is).
3. Indien jy jou wagwoord vergeet het, gebruik die “Wagwoord verloor?” opsie aan die onderkant van die skerm. Onthou om die e-posadres te gebruik wat jy destyds vir die skool gegee het.
4. Gaan jou inligting na en wysig dit indien nodig.
5. Indien enige van die stappe nie werk nie, of jy is nie seker wat om te doen nie, stuur gerus ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za