Op Saterdag, 8 Februarie, beplan ons ‘n lekker pretdag vir tennis. Dit gaan verskeie wedstryde insluit. Enige inskrywings moet asb. via die Karri toep gedoen word. Koste beloop R30 pp en sluit ‘n “stil water” in.
Ons gaan om 08:00 begin met registrasie waartydens almal hul eertse wedstrydbepalings gaan ontvang.

Die volgende wedstryd-opsies is beskikbaar:
Junior Dubbels; Ouer en kind dubbels en Ouer/s dubbels.
Tussen 11:00 en 12:30 gaan ons vertoonwedstryde plaasvind.
Alle wedstryde gaan tot 40 minute beperk word en ‘n sentrale fluitjie sal die einde van elke rondte aandui. Daar beloof om verskeie ander verrassings gedurende die dag op te duik!
Bring gerus ‘n piekniek mandjie en iets vir die kole. Ons sal braaidromme, hout en platroosters voorsien.
Dit gaan ‘n lekker geleentheid wees om die tennisafrigters en van ons personeel op ‘n informele wyse te leer ken.