Donderdag, 6 Februarie gaan 68 van ons atlete aan die Interskole Atletiekbyeenkoms deelneem. Heelwat (11) van ons onderwysers gaan as beamptes optree. Dit is ‘n normale skooldag vir die res van die leerders, behalwe dat die skool 13:00 vir Gr.1-3 en 13:15 vir Gr.4-7 sal sluit.Die bus sal dan ook om 13:20 vertrek en geen ander skool-buitemuurse aktiwiteite sal op hierdie dag wees nie.