Mia Symington het die naweek aan die SA Tennis – Kaapstad minitoernooi deelgeneem. Sy het Saterdag al haar wedstryde gewen en deurgedring tot die “Goue Plaat finaal” wat Sondag by UCT plaasgevind het. Dit was ‘n naelbyt wedstryd, gelykop 1 stel elk, waarna sy die valbyl gewen het! Mia wen dan die enkelspel toernooi en ontvang ‘n pragtige trofee. Mia en Heloïsé Strauss het ook saam aan die dubbels afdeling deelgeneem en elk ‘n silwer medalje ontvang. Baie geluk aan beide spelers, dis wonderlike prestasies!

Tydens dieselfde toernooi het Klara Maree die 0/10 afdeling gewen en ook ‘n pragtige troefee verower !

Baie geluk julle drie,ons is baie trots op julle!