Baie geluk aan ons Jannie van die week, Keira Heyns in Graad 7A. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Kleefplastiek: nuttig, maar só sleg vir die omgewing

Kleefplastiek is per ongeluk in die 1930’s in ‘n laboratorium in Amerika ontwikkel: dit was ‘n byproduk van ‘n chemiese proses om iets anders te maak. Vandag gebruik mense wêreldwyd kleefplastiek om kos vars te hou. Ongelukkig kan dit nie herwin word nie, en wanneer dit uiteindelik ontbind, stel dit skadelike chemikalieë vry.

Hier is drie alternatiewe tot kleefplastiek:
1) Gebruik herbruikbare byewas-omhulsels om kos vars te hou
2) Bêre kos wat oorbly in glashouers
3) Bedek kos wat oorbly met foelie, eerder as kleefplastiek.
(Bron: National Geographic)