Saterdag, 1 Februarie, het 15 atlete deelgeneem aan die interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn. Dit is ‘n spog byeenkoms waar WP, Boland, OP, Grens, SWD en die Noord-Kaap deelneem. Die byeenkoms bestaan uit twee afdelings. Atlete neem individueel deel en in die tweede afdeling in skoolverband. Ons atlete het alles gegee op die baan (wat 43 grade bereik het) en het nie teleurgestel in die swembad nie. Delmar Benecke het die beste posisie behaal en het algeheel 4de geeïndig uit 33 atlete. Al ons atlete het of op die baan of in die swembad hulle beste tye ooit gehardloop of geswem.
Ané Swanepoel het haar beste tyd gehardloop.
Dax Liversage het sy beste tyd geswem.
Ruald Naude het sy beste tyd geswem.
Lourens van der Walt het sy beste tyd geswem en gehardloop.
Kian Eksteen het sy beste tyd gehardloop en geswem.
Alexander Benecke het sy beste tyd geswem.
Kianna-Gro Liversage het haar beste tyd gehardloop en geswem.
Stephan Griesel het sy beste tyd gehardloop.
Albert Griesel het sy beste tyd gehardloop en geswem.
Sophia Liebenberg het haar beste tyd gehardloop.
Zuletha Ferreira het haar beste tyd gehardloop.
Cara Swanepoel het haar beste tyd gehardloop en geswem.

Ons atlete het alles gegee en dit was merkwaardig om hulle deursettingsvermoë dop te hou. Na al die verrigtinge was dit tyd om te hoor wie die wen skole is van die kompetisie. Die uitslae was die naaste wat dit nog ooit was in die kompetisie. Die skole wat tweede tot vyfde geëindig het, was met net 150 punte uitmekaar. Alhoewel ons nie die jaar ‘n medalje verower het nie, is daar soveel prestasies waarop ons kan trots wees.