15 van ons atlete neem die naweek deel aan die interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn. WP, Boland, SWD, Grens en Noord-Kaap neem almal aan die byeenkoms deel. 5 Skole in die WP het gekwalifiseer om ook in skoolverband deel te neem by die byeenkoms. Die skole is Laerskool Jan van Riebeeck, Durbanville, Kenridge, De Hoop en Welgemoed.

Ons atlete wat deelneem is:
Zuletha Ferreira, Delmar en Alexander Benecke, Ané, Cara en Mari Swanepoel, Dax en Kianna Liversage, Lourens en Isabella van der Walt, Albert en Stephan Griesel, Kian Eksteen, Sophia Liebenberg en Ruald Naudé.

Ons wens vir die atlete alle sterkte toe vir die naweek en weet sommer dit sal goed gaan!