Baie geluk aan ons Jannie van die week, Emma van Biljon in Graad 4F. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Onthou: Geen meer papier- of kartonherwinning nie!
Onthou asseblief dat ons glad nie meer enige papier of karton by die skool kan herwin nie, aangesien ons herwinningsvennote niks meer kan doen met die papier wat hulle by ons oplaai nie. Die mark daarvoor is versadig en uitvoere van herwinningspapier na die Ooste is gestaak. Niemand mag enige papier in die groen papier-igloes gooi nie en geen karton in die kartonhouers nie, want dit sal nie verwyder word nie. Dankie dat almal verstaan en saamwerk.