1ste week 2021 – JvR-verjaar!

Dagboek nou reeds asseblief die volgende datums wat die eerste week van 2021 plaasvind om ons skool se GROOT verjaardag te vier: Skool begin: Woensdag, 27 Januarie (vir leerders) OOV-bekendstellingsfunksie: Donderdag, 28 Januarie (Kaartjies sal deur Karri-toep beskikbaar gestel word. Slegs vir ouers en personeel.) Jannies Jooldag vir leerders: Vrydag, 29 Januarie (Pretdag vir leerders tydens skoolure. Slegs vir leerders en onderwysers.) Gesinsfees: Sondagaand, 31 Januarie - SKOOL SE VERJAARDAG! (Gesinne, oud-leerders, personeel en enige iemand verbonde of betrokke by die skool is welkom.) Gala-aand: Saterdag, 23...

Gedigte

Die graad sesse se digkuns is ongelooflik! Met trots deel ons hierdie week een van ons leerders se gedigte: Boelie Boelie is 'n erge sonde, dit is erger as rook, skinder of vloek! Hul is aaklig met hul monde, boelies is die laaste ding wat ons soek! Wat hulle doen, maak mens seer, hulle mond is 'n erge geweer! Dit lyk dalk asof die slagoffer saamlag, maar in realiteit ruïneer dit sy dag! Wat hulle doen, is mense seermaak, dis sonder 'n mes! Dit is 'n erge saak as jy iemand se lus vir die lewe les! deur Daniël...

#stopboeliegedrag

Op 15 Oktober 2020 het die Jannies ons trots gemaak met hulle #stopboeliegedrag plakkate. Die hele skool het aan die stop boelie opstand deelgeneem om die week se tema, vriendskap, te vier. Boelie is een van die grootste probleme in laerskole en ons is baie bly om te sien hoeveel Jannies passievol is om hierdie probleem te stop. Natuurlik word al die plakkaat-kunstenaars se harde werk waardeer en daar was selfs twee baie lekker pryse vir die beste plakkate. Jacques du Toit en Nevieke Bender het pryse gewen vir hul treffende plakkate. Welgedaan, Jannies! Baie dankie vir al jul moeite en harde werk!!! Bly gaaf, bly postitief en onthou:...

Musiek

Unisa musiekeksamens het goed afgeloop. Dankie vir al die harde werk van beide leerders en musiekonderwysers asook ondersteuning van ouers! Nou lê Unisa se teorie-eksamens net na die vakansie voor. Daar sal nie aan die einde van hierdie kwartaal musiekrapporte wees nie. Leerders ontvang aan die einde van die jaar hulle verslae. Die waglys vir klavier en blokfluit is oop vir nuwe musiekleerders vir volgende jaar. Laat weet vir Helecia by...

Dra van somer- en LO-drag

Vanaf Maandag, 2 November 2020, sal die dra van somerdrag verpligtend wees. Ons het ook besluit om die sivviedag van Woensdae te staak en eerder 'n ekstra dag te implementeer waarop leerders LO-klere dra. Die klasonderwyser sal saam met sy/haar klas besluit watter dae skool- en LO-klere gedra word aangesien daar verskillende dae is waarop LO aangebied word. Neem asb. kennis dat die korrekte somer- en LO-klere gedra moet word. Die einde van die maand sivviedag sal weer in werking tree en op die web-kalender aangedui...

Roei op die Oranjerivier in Graad 7 (6 – 11 April 2021)

1. Ons vertrek vanaf die skool om 06:00, Dinsdag, 6 April 2021 en sal weer Sondag, 11 April 2021 terug wees. 2. Slegs die Gr.7's van 2021 en een ouer/voog word toegelaat. Elke leerder moet saam met 'n volwassene roei. 3. Vul die VORM VOOR 21 Oktober 2020 in. 4. Betaal ‘n deposito van R1,000 voor 31 Oktober 2020 in die skool se rekening (verwysing: OR en jou kind se naam, bv. OR JOHANN LOUBSER). 5. Paspoorte moet tot NOVEMBER 2021 geldig wees. Onverkorte ("unabridged") geboortesertifikate van kinders word vereis. 6. Vir meer inligting of navrae, verwys na die brief aan die Graad 6-ouers hieroor of stuur gerus 'n e-pos aan Cobus Loubser (cobusloubser1@gmail.com). Om die bemarkingsvideo te kyk wat Wim Vorster van die 2019 toer gemaak het, kliek...

Waarde van die maand

Hierdie maand se waarde is VERANTWOORDELIKHEID. Kliek HIER vir 'n oulike video oor verantwoordelikheid. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2020/10/Waarde-van-die-maand-Verantwoordelikheid.pdf" title="Waarde van die maand -...

Fredrich Erasmus presteer by Kaapstad TennisProKennex Mini 2

Fredrich Erasmus het die afgelope naweek aan die Kaapstad Tennis ProKennex Mini 2 deelgeneem. Hy het Vrydag en Saterdag sy wedstryde gewen en toe deurgedring na die 0/12 Goue plaat finaal, wat Sondag gespeel is. Fredrich wen die wedstryd 7-6 6-2 en ontvang die trofee. Ons is baie trots op...

Graad 5-7 verandering in tye van Buitemuurse program

Baie dankie vir almal wat geregistreer het vir die COVID buitemuurse program. Na aanduiding van die getal inskrywings vir graad 5 - 7 het ons besluit om die groepe saam te gooi vir tennis en atletiek. Die beteken dat almal nou op Dinsdae en Donderdae vanaf 14:15 - 15:00 saam tennis of atletiek gaan hê. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2020/10/2020-Buitemuurse-program-COVID-program-6-1.pdf" title="2020-Buitemuurse-program - COVID-program (6)...

Atletiekkliniek vir graad 3 – 7 op 16 & 17 Oktober

Op Vrydag, 16 Oktober, en Saterdag, 17 Oktober, skep ons vir leerders die geleentheid om 'n atletiekkliniek by te woon. Muller Joubert, atletiekafrigter by Laerskool Jan van Riebeeck vanaf 2018 - 2019 en tans 'n spesialis-afrigter by La Rochelle in die Paarl, kom vir ons graad 5 - 7 leerders 'n diskus- en spiesgooikliniek aanbied. Meneer André Lourens gaan vir ons graad 3 - 7 leerders hekkies-sessies aanbied. Daar is 'n beperkte hoeveelheid openinge per sessie. Belangstellende atlete moet vinnig spring. Sessie 1: Spiesgooi Gr.6 - 7 OF Hekkies Gr.3 Datum: Vrydag, 16 Oktober Tyd: 15:00 - 16:30 Koste: R80 per kind per sessie Sessie 2: Diskus Gr.6 - 7 OF Hekkies Gr.4 Datum: Vrydag, 16 Oktober Tyd: 16:45 - 18:15 Koste: R80 per kind per sessie Sessie 3: Spiesgooi Gr.5 OF Hekkies Gr.5 Datum: Saterdag, 17 Oktober Tyd: 09:00 - 10:00 Koste: R80 per kind per sessie Sessie 4: Diskus Gr.5 OF Hekkies Gr.6 & 7 Datum: Saterdag, 17 Oktober Tyd: 10:30 - 11:30 Koste: R80 per kind per sessie Atlete is welkom om beide sessies per dag by te woon. Ons beplan ook 'n opvolg kliniek op 6 & 7 November. Betaling kan via die Karri App gedoen word. Registreer HIER vir...

JvR Kunsveiling 2020

Bespreek nou vir volgende week – vul jou naam HIER in. As jy sukkel of vrae het, kontak asseblief vir Karien Zulch by 0834450980 of by jvrveiling2020@gmail.com. Die katalogus sal vroeg volgende week beskikbaar wees en die aanlynveiling sal einde Oktober plaasvind.

Skrywer skenk vir ons biblioteek

Die Kaapse skrywer, Philip de Vos, het onlangs ‘n lekker klomp boeke aan ons biblioteek geskenk. Van die boeke, wat deur hom vertaal is, is Moeps die Mops (Aaron Blabey) en Hoe die Gons Kersfees gesteel het (Dr. Seuss). Hier is hy en sy hond, Brinji, met van die...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor