Op Vrydag, 16 Oktober, en Saterdag, 17 Oktober, skep ons vir leerders die geleentheid om ‘n atletiekkliniek by te woon. Muller Joubert, atletiekafrigter by Laerskool Jan van Riebeeck vanaf 2018 – 2019 en tans ‘n spesialis-afrigter by La Rochelle in die Paarl, kom vir ons graad 5 – 7 leerders ‘n diskus- en spiesgooikliniek aanbied. Meneer André Lourens gaan vir ons graad 3 – 7 leerders hekkies-sessies aanbied. Daar is ‘n beperkte hoeveelheid openinge per sessie. Belangstellende atlete moet vinnig spring.

Sessie 1: Spiesgooi Gr.6 – 7 OF Hekkies Gr.3
Datum: Vrydag, 16 Oktober
Tyd: 15:00 – 16:30
Koste: R80 per kind per sessie

Sessie 2: Diskus Gr.6 – 7 OF Hekkies Gr.4
Datum: Vrydag, 16 Oktober
Tyd: 16:45 – 18:15
Koste: R80 per kind per sessie

Sessie 3: Spiesgooi Gr.5 OF Hekkies Gr.5
Datum: Saterdag, 17 Oktober
Tyd: 09:00 – 10:00
Koste: R80 per kind per sessie

Sessie 4: Diskus Gr.5 OF Hekkies Gr.6 & 7
Datum: Saterdag, 17 Oktober
Tyd: 10:30 – 11:30
Koste: R80 per kind per sessie

Atlete is welkom om beide sessies per dag by te woon. Ons beplan ook ‘n opvolg kliniek op 6 & 7 November. Betaling kan via die Karri App gedoen word. Registreer HIER vir Hekkies.