Unisa musiekeksamens het goed afgeloop. Dankie vir al die harde werk van beide leerders en musiekonderwysers asook ondersteuning van ouers! Nou lê Unisa se teorie-eksamens net na die vakansie voor. Daar sal nie aan die einde van hierdie kwartaal musiekrapporte wees nie. Leerders ontvang aan die einde van die jaar hulle verslae.

Die waglys vir klavier en blokfluit is oop vir nuwe musiekleerders vir volgende jaar. Laat weet vir Helecia by helecia@jvrprim.co.za.