Die graad sesse se digkuns is ongelooflik! Met trots deel ons hierdie week een van ons leerders se gedigte:

Boelie

Boelie is ‘n erge sonde,
dit is erger as rook, skinder of vloek!
Hul is aaklig met hul monde,
boelies is die laaste ding wat ons soek!

Wat hulle doen, maak mens seer,
hulle mond is ‘n erge geweer!
Dit lyk dalk asof die slagoffer saamlag,
maar in realiteit ruïneer dit sy dag!

Wat hulle doen, is mense seermaak,
dis sonder ‘n mes!
Dit is ‘n erge saak
as jy iemand se lus vir die lewe les!

deur Daniël Wasserman