Op 15 Oktober 2020 het die Jannies ons trots gemaak met hulle #stopboeliegedrag plakkate. Die hele skool het aan die stop boelie opstand deelgeneem om die week se tema, vriendskap, te vier. Boelie is een van die grootste probleme in laerskole en ons is baie bly om te sien hoeveel Jannies passievol is om hierdie probleem te stop. Natuurlik word al die plakkaat-kunstenaars se harde werk waardeer en daar was selfs twee baie lekker pryse vir die beste plakkate. Jacques du Toit en Nevieke Bender het pryse gewen vir hul treffende plakkate. Welgedaan, Jannies! Baie dankie vir al jul moeite en harde werk!!! Bly gaaf, bly postitief en onthou: #stopboeliegedrag