Vanaf Maandag, 2 November 2020, sal die dra van somerdrag verpligtend wees. Ons het ook besluit om die sivviedag van Woensdae te staak en eerder ‘n ekstra dag te implementeer waarop leerders LO-klere dra. Die klasonderwyser sal saam met sy/haar klas besluit watter dae skool- en LO-klere gedra word aangesien daar verskillende dae is waarop LO aangebied word. Neem asb. kennis dat die korrekte somer- en LO-klere gedra moet word. Die einde van die maand sivviedag sal weer in werking tree en op die web-kalender aangedui word.