Jannies Kultuurkaskenades
Vir al die Jannies met 'n spesiale talent op die kultuurgebied is daar 'n heerlike nuwe uitdaging. Ons beoog om aan die begin van die derde kwartaal Kultuurkaskenades in graadverband te hou: Gr.2 en3, Gr.4 en 5 en Gr.6 en 7. Dit sal op drie verskillende oggende plaasvind: 30 Julie - Gr.6 & 7 2 Augustus - Gr.2 & 3 5 Augustus - Gr.4 & 5 Inskrywings moet teen 6 Julie by juf. Groenewald wees. Keuring sal op 7, 8 en 9 Julie plaasvind. Begin solank dink en oefen en kom wys ons watter spesiale kulturele talente julle...
Horizon Wiskundekompetisie
Ons graad 5 tot 7-leerders het tydens die eerste kwartaal die eerste rondte van die Horizon-Wiskundekompetisie aanlyn geskryf. 41 van ons leerders is deur na die tweede rondte wat Saterdag, 22 Mei, by Star College sal plaasvind. Die leerders wat deur is na die tweede rondte: Graad 5: Katia van Wyk en Liza Hertzog Graad 6: Cara Swanepoel, Dewald Buitendag, Owen Wiese, Nicolaas Grutter, Luja Marx, Daniel Welgemoed, Albert Griesel, Lola Henderson en Lea en Markus de Ridder. Graad 7: Alexander Rau, Ewan Naudé, Abigail Els, Vida Engels, Lara Pieterse, Lily le Roux, Elle Nortjé, Carla Snijders, Juliette Visser, Mia Symington, Katrien Stimie, Megan de Vroede, Linden Murray, Oscar Wolff, Sebastian Maree, Kate Heyns, Mia Fouché, Izak Bezuidenhout, Danny Newton, Alexander Benecke, Daniel Wasserman, Hendrik Bredenkamp, Famke Swartz, Ameli Snyman, Héloïse Strauss, Luca Zulch, Jan Karsten, Johann Loubser en Fredrich Erasmus. Baie geluk en ons wens vir julle sterkte toe vir die volgende...
Jan Karsten vorder in Internasionale Wiskundekompetisie
Die IMC - Internasionale Wiskundekompetisie word jaarliks aangebied in verskillende dele van die wêreld. Weens die Covid-pandemie gaan hierdie kompetisie vir die eerste keer aanlyn gehou word. Daar was twee rondtes waar leerders regoor Suid-Afrika vraestelle geskryf het. Die eerste rondte kon Jan Karsten saam met mnr. Hanekom beantwoord het en die tweede rondte moes hy op sy eie beantwoord. Die uitslae van die twee vraestelle is gebruik om 'n groep leerders te identifiseer wat uitgenooi is om aan 'n 8 weke oefenkamp deel te neem. Na afloop van die oefenkamp moet alle leerders 'n derde vraestel voltooi voordat die nasionale span aangekondig word. Die wiskunde is op 'n baie hoë standaard en dit is klaar 'n uitstekende prestasie dat Jan uitgenooi is na die oefengroep. Ons wens vir Jan alle sterkte toe met die res van die...
Netbalreëlings
Daar sal Maandag, 17 Mei, geen netbaloefening vir O/10 - O/12-netbalgroepe wees nie. Die skool bied die eerste ronde van die CTPSN netbalproewe aan. Hier gaan verskeie spelers van ander skole na ons skool toe kom om deel te neem. Die O/11, O/12 & O/13-spelers van JvR wat ons by die proewe gaan verteenwoordig, sal elk 'n brief met die nodige inligting...
O/10 – O/13-Netbalproewe
Die O/10 - O/12-netbalspanne sal Maandag, 10 Mei, gedurende hul oefentye hul onderskeie interne-proewe hou. Die O/13-groep sal ook voortgaan met hul proewe wat Donderdag weens die reën gestaak moes word.
Geagte Ouers / Voogde
Ek hoop en vertrou dat julle as gesinne die kort vakansie terdeë geniet het. Alhoewel die vakansie baie kort was, amper gevoel soos ‘n ‘laaang’ naweek, kon dit beslis nie op ‘n beter tydstip aangebreek het nie. Dit was ‘n lang eerste kwartaal en as ons dit aan prestasie sou koppel, het ons as skoolgemeenskap holities met vlieënde vaandels geslaag. Nou lê daar ‘n baie opwindende kwartaal 2 voor wat 10 weke en 49 skooldae insluit. Jammer vir die bietjie nuttelose inligting, maar dit is tog van belang wanneer dit kom by akademiese- en selfs persoonlike beplanning. Kwartaal 2 is die begin van wintersport en as die parmantige pandemie ons toelaat, sien ons baie uit om aan ‘n paar wedstryde of ‘n lekker sportdag deel te neem. Op akademiese gebied, sluit kwartaal 2 ‘n assesseringsweek vir Gr. R - 3 asook die eksamen vir Graad 4 - 7 in. Wees verseker dat ons opvoeders die ekstra myl gaan loop om ons Jannies behoorlik voor te berei en toe te rus om die spreekwoordelike ‘eksamen-bul’ by die horings te pak. Die afgelope week het julle die geleentheid gehad om jou kind/ers se onderwysers te ontmoet asook hul kwartaal 1 akademiese vordering met die onderskeie opvoeders tydens ouerafsprake te bespreek. Ek is baie beïndruk met die hoeveelheid ouers wat die ouerafsprake eerbiedig het. Baie dankie dat jy kosbare tyd in jou kind se toekoms investeer. Laat my ook asseblief toe om ons bekwame opvoeders te bedank vir hul waardevolle insette tydens die belangrike ouerafsprake. Ek nooi julle as ouers/voogde uit om aktief by jou kind/ders se akademie betrokke te bly en...
Junie-eksamenrooster 2021
Ouerbesoeke 4 & 5 Mei
Ons herinner julle graag aan die ouerbesoeke wat môre (Dinsdag, 4 Mei) en oormôre (Woensdag, 5 Mei) plaasvind. Covid-protokol sal gevolg word. Indien jy verlede kwartaal die vorm ingevul het om 'n afspraak te maak, sou jy 'n e-pos daarna ontvang het om jou afspraak se tyd te bevestig. As jy nie daardie e-pos kan opspoor nie en nie die tyd wat jy bespreek het kan onthou nie, gaan loer gerus in jou Spam. As jy dit ook nie daar kry nie, vra gerus die onderwyser by wie jy die afspraak gemaak het per e-pos watter tyd jou afspraak is. Indien jy nog nie 'n afspraak gemaak het nie, vul asb. die vorm voor vandag 18:00 in. Nadat die vorm gesluit het, kan jy per e-pos met die betrokke onderwyser reël om 'n afspraak te maak. Grondslagfase: Kliek HIER vir die vorm Intersenfase: Kliek HIER vir die vorm Skooltye: Dinsdag & Woensdag - 13:00 (Gr.1-3), 13:15 (Gr.4-7) Die bus sal op hierdie dae om 13:20...
Bergfiets vir Jannies!
Ons is seker dat heelwat Jannies (soos hulle fikse ouers) alreeds bergfiets ry en sal belangstel om dit as ‘n sport te beoefen. Hoërskool Jan van Riebeeck het onlangs 'n bergfietsklub begin en is besig om ‘n roete rondom hulle sportvelde te bou. Ons glo bergfiets sal ‘n lekker uitbreiding tot ons sportaanbieding wees en wil graag die Jan van Riebeeck-fietsklub uitbrei om belangstellende graad 6 en 7-seuns en dogters in te sluit. Vaardigheidslesse word op Dinsdae deur Katja Steenkamp van Breakaway Rides aangebied. Die klub neem aan die Spur MTB-liga deel en die eerste liga resies vind reeds op 22 Mei 2021 te Bloemendal plaas. Die Spur-reeks gaan oor deelname en is nie net op ervare ryers gemik nie. Moet dus nie bang wees as jy 'n beginner is nie. Daar is tans geen koste aan deelname betrokke nie. Ten einde voort te gaan, wil ons uitvind hoeveel belangstelling daar onder ons leerders is. Indien jou graad 6 of 7-seun of dogter graag wil aansluit by die bergfietsklub, laat weet asseblief voor 3 Mei vir Razelle Hanekom by sport@jvrprim.co.za. Kom ry...
Geagte Ouers/Voogde
So sluit ons die eerste kwartaal op ‘n hoë noot af met ‘n baie besige, maar opwindende week agter die rug. Die enigste demper van die opwinding was die verwoestende bergbrande teen Tafelberg. Dit was hartseer om te sien hoe die genadelose vlamme die pragtige fynbos hektaar vir hektaar verslind terwyl honderde brandbestryders en die rampbestuurpersoneel die vlammeoorlog probeer beveg. Ek is so trots op ons skoolgemeenskap wat d.m.v. die Karri-toep R7 625 geskenk het waarmee Razelle, Maricqe, Beulah, Elana en Sanna etes uit die kafeteria voorberei en aan die plaaslike brandweerstasie in Roelandstraat geneem het. Dit is ‘n toonbeeld van ‘n omgee skoolgemeenskap om hul opregte dankbaarheid teenoor die nooddienspersoneel te toon wat onverskrokke die brande oor die afgelope dae sonder rus trotseer het. Ek is so bly ons het die afgelope Maandag die Grondslagfase se pretatletiekbyeenkoms deurgevoer. Die magtige Suidooster het hard probeer om ons planne by die Conradie-sportvelde in die wiele te ry. Dit was so lekker om te sien hoe ons jong atlete hul gate uit geniet het, salig onbewus van die dreigende brand- en rookgevaar asook dat van ons ouers hul huise as gevolg van die dreigende brande moes ontruim. Ons is baie dankbaar dat ons ouers en hul eiendom ongeskonde gebly het. Dinsdagoggend, 20 April, het ons Gr. 4 - 7-leerders aan die tweede dag van die pretatletiekbyeenkoms by die hoërskoolvelde deelgeneem. Die rook van die smeulende brande het sy uitdagings tydens die aanvang van die dag gebring, maar Jannies en die personeel laat hulle nie sommer onderkry nie. Gelukkig het die rook vinnig weggetrek en die dag het in ‘n pragtige sonkyndag...
Memorabilia: Johan Wilke fotografie
PRET atletiekbyeenkoms
Hierdie week het vir baie van ons gesinne met heelwat onbeplande chaos begin nadat Tafelberg Sondag begin brand het. Ons span by die skool was al vroeg Maandag- en Dinsdagoggend aan die gang om alles vir die atletiek reg te kry en om te besluit of dit veilig vir ons is om met die byeenkomste voort te gaan. Ons is ongelooflik bevoorreg dat ons velde so geleë is dat ons op Maandag slegs die rook van ver gesien het en Dinsdag die minimum daarvan sien verby kom het. Ons leerders het letterlik Maandag met die wind van agter gehardloop dat dit vir sommige van die klein lyfies seker gevoel het asof hulle vlieg. Heelwat van ons jonger Jannies het kort-kort met mnr. Beets, ons aankondiger, 'n geselsie kom aanknoop. Die kinders het almal die geleentheid gehad om aan 'n uitdun-wedloop deel te neem waarna die top 6 volgens hul tye gekies is om aan die finaal deel te neem. Die tyd het ons bietjie ingehaal en ons kon nie al ons beplande "anderste" aktiwiteite doen nie, maar die wat ons wel kon doen, was vir almal baie lekker. Met die boonste pieke van die berg wat nog gebrand het, het ons Dinsdagoggend met die voorbereidings vir die dag begin. Ons is ongelooflik bly oor elke atleet wat deelgeneem het, die getalle vir deelname was uitstekend. Ons dag het stadig begin, maar ons was vinnig op dreef. Met die helikopters wat in die agtergrond steeds die brande geblus het, het ons leerders aan die een item na die ander deelgeneem. Beide dae se byeenkomste was vir pret en a.g.v. onder...
Jannies presteer by Wilson tennistoernooi
Op Sondag, 18 April, het Nils le Roux en Adriaan Wessels aan die o/10A Wilson tennistoernooi te Welgemoed deelgeneem. Dit was bloedig warm en die manne het heeldag hard gewerk en baie karakter gewys. Nils het die toernooi gewen en Adriaan het tweede gekom. Baie geluk...
BNP Paribas Rising star tennistoernooi
Op Dinsdag, 20 April, het ons dogters (Mia Symington, Héloïse Strauss, Katrien Stimie en Luca Zulch) en seuns (Fredrich Erasmus, Danny Newton, Jan Karsten en Sebastian Maree) eerste tennisspanne aan die eerste ronde van die BNP Paribas Rising Stars toernooi deelgeneem. Die dogters sou die dag hul toernooi by die laerskool se bane speel, maar met die vuur se rook wat die oggend nog swaar in die stad gehang het, het ons besluit dis veiliger om dit na ander bane te skuif. Reëlings is inderhaas gemaak en die dogters se wedstryde is na Laerskool Eversdal geskuif. Die seuns se wedstryde het die dag by Drieankerbaai se tennisklub in Seepunt plaasgevind. Beide spanne moes teen minstens twee ander skole speel. Elke span van 4 spelers moes 2 enkelspel wedstryde en een dubbels wedstryd speel. Die middag het later aand geword en die spelers het steeds alles ingesit. Die dogters het eerste teen Eversdal B te staan gekom. Hulle het 2 van hul 3 wedstryde gewen en na die volgende ronde deurgedring. Hierna moes hulle teen Oakhurts speel. Ons het ongelukkig al drie wedstryde teen hulle verloor. Ons dubbelspan (Katrien Stimie en Luca Zulch) het tot die einde geveg en pragtige rallies gespeel. Hulle het tydens hul derde stel se sudden death 14-16 verloor. Aan die einde van die aand het ons dogterspan 2de geëindig. Fredrich Erasmus het ongelukkig met sy eerste wedstryd 'n besering opgedoen en ons reserwe, Dawid-Wiese Viljoen, het ingespring om die span by te staan. Die seuns het sterk kompetisie gehad. Dawid-Wiese en Danny het twee wedstryde vir die skool gewen. Ongelukkig dring ons spanne nie deur...
Die Suidooster 2021: Kwartaal 1
Belangrike Datums
augustus 2026