Ons herinner julle graag aan die ouerbesoeke wat môre (Dinsdag, 4 Mei) en oormôre (Woensdag, 5 Mei) plaasvind. Covid-protokol sal gevolg word.

Indien jy verlede kwartaal die vorm ingevul het om ‘n afspraak te maak, sou jy ‘n e-pos daarna ontvang het om jou afspraak se tyd te bevestig. As jy nie daardie e-pos kan opspoor nie en nie die tyd wat jy bespreek het kan onthou nie, gaan loer gerus in jou Spam. As jy dit ook nie daar kry nie, vra gerus die onderwyser by wie jy die afspraak gemaak het per e-pos watter tyd jou afspraak is.

Indien jy nog nie ‘n afspraak gemaak het nie, vul asb. die vorm voor vandag 18:00 in. Nadat die vorm gesluit het, kan jy per e-pos met die betrokke onderwyser reël om ‘n afspraak te maak.

Grondslagfase: Kliek HIER vir die vorm
Intersenfase: Kliek HIER vir die vorm

Skooltye:
Dinsdag & Woensdag – 13:00 (Gr.1-3), 13:15 (Gr.4-7)
Die bus sal op hierdie dae om 13:20 vertrek.