Daar sal Maandag, 17 Mei, geen netbaloefening vir O/10 – O/12-netbalgroepe wees nie. Die skool bied die eerste ronde van die CTPSN netbalproewe aan. Hier gaan verskeie spelers van ander skole na ons skool toe kom om deel te neem. Die O/11, O/12 & O/13-spelers van JvR wat ons by die proewe gaan verteenwoordig, sal elk ‘n brief met die nodige inligting ontvang.