Vir al die Jannies met ‘n spesiale talent op die kultuurgebied is daar ‘n heerlike nuwe uitdaging. Ons beoog om aan die begin van die derde kwartaal Kultuurkaskenades in graadverband te hou: Gr.2 en3, Gr.4 en 5 en Gr.6 en 7. Dit sal op drie verskillende oggende plaasvind:

30 Julie – Gr.6 & 7
2 Augustus – Gr.2 & 3
5 Augustus – Gr.4 & 5

Inskrywings moet teen 6 Julie by juf. Groenewald wees. Keuring sal op 7, 8 en 9 Julie plaasvind. Begin solank dink en oefen en kom wys ons watter spesiale kulturele talente julle het.