Ons is seker dat heelwat Jannies (soos hulle fikse ouers) alreeds bergfiets ry en sal belangstel om dit as ‘n sport te beoefen.

Hoërskool Jan van Riebeeck het onlangs ‘n bergfietsklub begin en is besig om ‘n roete rondom hulle sportvelde te bou. Ons glo bergfiets sal ‘n lekker uitbreiding tot ons sportaanbieding wees en wil graag die Jan van Riebeeck-fietsklub uitbrei om belangstellende graad 6 en 7-seuns en dogters in te sluit.

Vaardigheidslesse word op Dinsdae deur Katja Steenkamp van Breakaway Rides aangebied. Die klub neem aan die Spur MTB-liga deel en die eerste liga resies vind reeds op 22 Mei 2021 te Bloemendal plaas. Die Spur-reeks gaan oor deelname en is nie net op ervare ryers gemik nie. Moet dus nie bang wees as jy ‘n beginner is nie. Daar is tans geen koste aan deelname betrokke nie.

Ten einde voort te gaan, wil ons uitvind hoeveel belangstelling daar onder ons leerders is. Indien jou graad 6 of 7-seun of dogter graag wil aansluit by die bergfietsklub, laat weet asseblief voor 3 Mei vir Razelle Hanekom by sport@jvrprim.co.za.

Kom ry saam!