Die IMC – Internasionale Wiskundekompetisie word jaarliks aangebied in verskillende dele van die wêreld. Weens die Covid-pandemie gaan hierdie kompetisie vir die eerste keer aanlyn gehou word.

Daar was twee rondtes waar leerders regoor Suid-Afrika vraestelle geskryf het. Die eerste rondte kon Jan Karsten saam met mnr. Hanekom beantwoord het en die tweede rondte moes hy op sy eie beantwoord. Die uitslae van die twee vraestelle is gebruik om ‘n groep leerders te identifiseer wat uitgenooi is om aan ‘n 8 weke oefenkamp deel te neem. Na afloop van die oefenkamp moet alle leerders ‘n derde vraestel voltooi voordat die nasionale span aangekondig word. Die wiskunde is op ‘n baie hoë standaard en dit is klaar ‘n uitstekende prestasie dat Jan uitgenooi is na die oefengroep.

Ons wens vir Jan alle sterkte toe met die res van die kompetisie.