Hokkiewedstryde – 21 April

Op Donderdag, 21 April, het verskeie van ons leerders geskiedenis gemaak deur die eerste hokkie ligawedstryde in die skool se 101 bestaansjare te speel. Ons spanne het oor die algemeen baie goed gevaar. Die dogterspanne het weg gespeel en die seunspanne tuis teen Elkanah House. Die o/13-spanne het op astro gespeel wat vir ons spelers 'n bietjie van 'n aanpassing is. Nogtans is ons uiters trots op die spelers se entoesiasme en manier hoe hulle hierdie uitdaging te bowe gaan.  Gaan loer gerus na die Kiek vir foto's. 0/9A-seuns: wen 1-0 0/9A-dogters: wen 3-1 0/10A-seuns: wen 5-0 0/10A-dogters: wen 11-0 0/10B-dogters: wen 4-0 0/11A-seuns: verloor 1-3 0/11A-dogters: verloor 0-1 0/12A-seuns: wen 1-0 0/12A-dogters: wen 1-0 0/13A-seuns: verloor 0-6 Die o/13-dogters speel eers vanmiddag hul wedstryd op die astroveld en ons wens vir hulle baie sterkte...

Kaperjolle 2022 – Belangrike inligting

Ingang is slegs deur Nuwe Kerkstraat se hek. GEEN parkering op die terrein beskikbaar nie. Parkeer in die strate rondom die skool of gebruik UBER. Adres vir UBER is 83 New Church Street. Toegang is gratis. Alle Karri-items wat aangekoop is, moet Saterdag by die inligtingstafel afgehaal word. Daar is verkope op die dag van kindercombo’s, Lekkergoedland, pannekoek, pizza, koffie, boereworsrolle, chip ‘n dip, snoepie en kroeg. Betaling op die dag met kontant of Snapscan. Snapscan verwysing is jou NAAM en VAN Oor-Die-Kole spyskaarte sal by elke land se stalletjie beskikbaar wees om jou met jou keuse te help. Skryf jou naam tussen 12:00 en 15:00 by jou gekose land se stalletjie op waar jy wil eet. Etes sal tussen 15:30 en 16:00 gereed wees. Sien die vloerplan...

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo almal het ‘n heerlike Paasnaweek geniet en in die proses sommer ook lekker gerus en kwaliteit tyd saam met jul gesinne spandeer. ‘n Langnaweek is altyd ‘n lekker meevallertjie om die spreekwoordelike batterye ten volle te herlaai en ‘dinge’ te doen waarvoor ‘n mens normaalweg nie tyd voor kry nie. Die goeie nuus is dat daar binnekort nog ‘n langnaweek voorlê, maar of die Suid-Afrikaanse ekonomie dit op die stadium van die geveg nog verwelkom, is ‘n ander vraag. Volgende week op 27 April 2022 vier ons Vryheidsdag. Hierdie openbare vakansiedag word jaarliks op 27 April herdenk ter herinnering aan ons pragtige land se eerste demokratiese nie-rassige verkiesing wat in 1994 plaasgevind het. Ons vier dus ons land se demokrasie op die spesiale dag. Baie gesinne braai dalk op die dag, ander vier dit met kunste en feeste. Sommige besoek interessante plekke wat die stryd teen demokrasie in Suid-Afrika eer, byvoorbeeld die besoek aan Robbeneiland, waar die ikoon Nelson Mandela gevange gehou was. Hoe ook al jy Vryheidsdag gaan vier, kom ons daag mekaar uit tot gemeenskaplike lojailteit teenoor ons land. Kom ons reik meer uit, gee meer om, het meer empatie en wees meer dankbaar. So dikwels is dit net lippetaal, maar ons vergeet dat die mag om dit te kan verander binne ons vermoë lê om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Op Donderdag, 21 April, het ons eerste hokkie-ligawedstryde vir die kwartaal plaasgevind en op Maandag, 25 April, vind die eerste liga-wedsryde vir netbal plaas. Ons wag nog egter vir die WP Rugby Unie om vir ons die rugbywedstryde se datumlys vir...

Dogters deur na Metro Noord-netbalproewe

Baie geluk aan Hila Hertzog (o/11), Stella Lamprecht en Mieke Nel (o/12) Sophia Liebenberg, Liza Hitge en Emke van Wyk (o/13) wat gekies is vir die Metro Noord netbalproewe. Die proewe vind die week van 2 Mei plaas. Baie sterkte! *Sophia Liebenberg was nie beskikbaar vir die foto...

Klavier Eisteddfod

Inskrywings moet voor 29 April in wees. Karri is nou oop vir betalings. Slegs leerders wat deur musiekonderwysers aangewys word, mag vir Klavier Eisteddfod inskryf. Die fooie is op Karri. Let daarop dat fooie vir afdelings verskil. Maak by die musiekonderwyser seker waarvoor jou kind ingeskryf moet...

Klerebank: Voorraad wat die einde van die maand beskikbaar is

Skooltruie groottes 26 en 28 44 Dtex Opaque Tights Hokkiekouse grootte 13-3 en grys skoolkouse grootte 9-12 Het Ramble rugsakke in voorraad. Die goedkoper een is eers weer in Julie beskikbaar. Skoolbaadjies en Graad 7-oortruie is beskikbaar, maar laat slegs bestellings borduur. Hiermee die skakel om die 100 jaar feeshemp aanlyn te koop. 12 jaar hemde is uit voorraad en wil bepaal of ons aan nog ‘n minimum bestelling kan voldoen. Indien julle nog iets vir winter benodig, bestel asb. aanlyn. Indien julle van groottes wil seker maak, kom asseblief na die klerebank voor skool op Maandae en Woensdae of na skool op Dinsdae en...

Veiling 2022

Dit is weer veilingtyd! Na die afgelope twee jaar se uitdagings, is ons baie opgewonde oor die opkomende veiling wat op Saterdag, 4 Junie 2022, plaasvind. Sedert 2017 word die veiling deur die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust aangebied. Die trust samel fondse vir die uitsluitlike voordeel van die skool in en is daarop toegespits om die skool uit te bou en te verbeter en nie om die dag-tot-dag uitgawes te dek nie. Die trust het onder meer met vorige jare se veilingopbrengs die volgende projekte aangepak: Verhitting van die swembad 2 x beurse vir diversiteitsleerders 5 x matriekbeurse vir Huppelland-assistente 2 x beurse vir Huppelland-assistent onderwyssertifikate 1 x finale jaar diversiteitsbeurs vir onderwyseres iMadiba installasie Aankoop van hokkietoerusting Plavei van Huppelland-parkeerarea Stortgeriewe vir onderwysers Nuwe klankstelsel en beligting vir die saal Opknap van Nuwe Kerkstraat ingang Toelaag vir biblioteek Toelaag vir personeelkamer Nuwe bankies by laerskool Algemene opknapping van deure en vensters Tennisbane is oorgedoen Leerlinge se badkamers is opgeknap ‘n Nuwe 35 sitplek Isuzu bus, “Steyntjie”, is aangekoop Huppelland se asbesdak is vervang Die laerskool se muur aan die nasorg se kant is gebou Verf & opgradering van die saal Verf van skool aan die binnekant Vir meer inligting aangaande die trust, volg asseblief die SKAKEL. Soos dit duidelik blyk uit die bogenoemde, word die ingesamelde fondse goed aangewend en word die veilingopbrengs aangewend vir projekte wat andersins nie gedoen sou kon word nie. Ons is baie dankbaar vir almal se bydrae tot hierdie sukses en ons nooi al ons ouers uit om hieraan deel te neem. Indien jy nie die veiling kan bywoon nie, kan jy...

Geagte Ouers / Voogde

Die einde van die akademiese week bring ons by die begin van ‘n hele klompie opeenvolgende langnaweke wat ‘n heerlike meevallertjie is. Natuurlik is die komende langnaweek, Paasnaweek, en die afgelope weke het ons honderde paaseiers ingesamel wat ons aan die Lions Gemeenskapsorganisasie geskenk het om ‘n klein verskilletjie in die lewens van behoeftige kinders te maak. Net as jy gewonder het waar die gebruik van paaseiers vandaan kom, haal ek graag die volgende aan: Paaseiers het ‘n baie lang geskiedenis en die gebruik het reeds voor die geboorte van Jesus begin. Eiers was nog altyd gesien as die simbool van ‘n nuwe lewe. Soos wat die Christendom versprei en gegroei het, is die eier al meer gesien as ‘n teken van Jesus se opstanding uit die graf. Die gebruik om eiers van sjokolade te maak, het in die 19e eeu in Frankryk en Duitsland begin. Die eerste sjokolade-eiers wat op groot skaal gemaak is, was deur Cadbury’s in Engeland. Gebruik gerus ‘n hol (leë) paaseier om vir jou kind te leer dat die graf leeg was, soos wat die eier binne leeg is, en dat Jesus lewe. Die week het ons ook amptelik afgeskop met die wintersportprogram. Verlede Vrydag het ons o/13-hokkiespanne (seuns en dogters) aan ‘n toernooi te Laerskool Van Riebeeckstrand deelgeneem. Alhoewel die uitslae nie na wense was nie, het ons spelers dit vreeslik geniet. Op Saterdag, 9 April 2022, het ons o/10-netbalspan aan ‘n o/10-toernooi te Laerskool Durbanville deelgeneem. Ons dogters het die toernooi puik afgeskop en die eerste wedstryd teen Laerskool Vredekloof met ‘n telling van 13 -1 te wen. Die o/10-span het verder...

O/10-netbaltoernooi: 9 April

Ons was een van 15 skole wat Saterdag, 9 April, aan 'n o/10-netbaltoernooi in Durbanville deelgeneem het. Met net twee oefensessies agter die rug, het ons Laerskool Jan van Riebeeck se naam hoog gehou. Ons het Vredekloof 13-1 gewen en ook vir Table View en Bellville-Noord behoorlik laat les opsê. Dit was slegs Renish teen wie ons net-net verloor het. Amelie van der Walt het 'n sertifikaat vir die speler van die dag uit die JvR-span, ontvang. Dit was regtig 'n heerlike dag en ons sien 'n blink toekoms vir ons o/10-netbalspanne.   Dankie Juffrou Alberts en Juffrou Janse van Rensburg wat die dag saam met ons spandeer het. Ook 'n spesiale dankie aan Juffrou Bambiso wat so mooi met ons geoefen het. Ons belowe om julle hierdie jaar nog baie trots te maak.   - Geskryf deur Stella Pansegrouw...

o/13 Hokkie voorbereidingstoernooi: 8 April

Die o/13-hokkieseuns en -meisies het aan Van Riebeeckstrand se hokkie voorbereidingstoernooi op Vrydag, 8 April, deelgeneem. Ten spyte van moeilike teenstanders soos Paarl Gimnasium, Beaumont en Van Riebeeckstrand het die spelers nie terug gestaan nie en beslis hul beste gegee. Die spelers het dalk nie op die telbord gewen nie, maar hulle het goeie sportmangees getoon en as wenners van die hokkieveld afgestap. Die spelers het baie geleer en terselfde tyd die spel baie geniet. Ons is trots op dié...

Waarde vir die kwartaal

Hierdie kwartaal behandel ons die waarde Verantwoordelikheid en die kleur is groen. Die simbool vir Verantwoordelikheid is 'n spekboom. Ons fokus op drie afdelings: Ek is verantwoordelik vir my skoolwerk (myself) Ek is verantwoordelik vir sekere take by die huis Ek/ons is verantwoordelik vir die aarde/my...

Gr. 1 – 7-Boekverkope & Gasspreker

Tydens 26, 28 en 29 April sal daar boekverkope in die skool se biblioteek gehou word. Graad 4 - 7 sal na afloop van De Wet Hugo se praatjie op Dinsdag, 26 April, die geleentheid kry om sy boeke te koop en te laat teken. Stuur gerus kontant saam met jou kind. Ons het ongelukkig nog nie 'n pamflet ontvang met die boeke beskikbaar nie, maar 'n boek sal minder as R200 kos. Graad 1 & 2 sal Dinsdag die boekverkope bywoon. Graad 3 - 7 sal Donderdag die boekverkope bywoon. Vrydag kan enige leerder wat nog graag boeke wil koop die boekverkope bywoon. Boeke kan met kontant of 'n bankkaart (debiet/krediet) gekoop word. Ouers/voogde is welkom om smiddae na skool boeke vir hul kinders te koop. Sien onderstaande tye waartydens boekverkope vir ouers/voogde beskikbaar sal wees: Dinsdag, 26 April: 14:00 - 14:30 Donderdag, 28 April: 14:00 -...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor