Tydens 26, 28 en 29 April sal daar boekverkope in die skool se biblioteek gehou word.

  • Graad 4 – 7 sal na afloop van De Wet Hugo se praatjie op Dinsdag, 26 April, die geleentheid kry om sy boeke te koop en te laat teken. Stuur gerus kontant saam met jou kind. Ons het ongelukkig nog nie ‘n pamflet ontvang met die boeke beskikbaar nie, maar ‘n boek sal minder as R200 kos.
  • Graad 1 & 2 sal Dinsdag die boekverkope bywoon.
  • Graad 3 – 7 sal Donderdag die boekverkope bywoon.
  • Vrydag kan enige leerder wat nog graag boeke wil koop die boekverkope bywoon.
  • Boeke kan met kontant of ‘n bankkaart (debiet/krediet) gekoop word.
  • Ouers/voogde is welkom om smiddae na skool boeke vir hul kinders te koop. Sien onderstaande tye waartydens boekverkope vir ouers/voogde beskikbaar sal wees:
    • Dinsdag, 26 April: 14:00 – 14:30
    • Donderdag, 28 April: 14:00 – 16:00