Ons was een van 15 skole wat Saterdag, 9 April, aan ‘n o/10-netbaltoernooi in Durbanville deelgeneem het. Met net twee oefensessies agter die rug, het ons Laerskool Jan van Riebeeck se naam hoog gehou.
Ons het Vredekloof 13-1 gewen en ook vir Table View en Bellville-Noord behoorlik laat les opsê. Dit was slegs Renish teen wie ons net-net verloor het. Amelie van der Walt het ‘n sertifikaat vir die speler van die dag uit die JvR-span, ontvang.
Dit was regtig ‘n heerlike dag en ons sien ‘n blink toekoms vir ons o/10-netbalspanne.
 
Dankie Juffrou Alberts en Juffrou Janse van Rensburg wat die dag saam met ons spandeer het. Ook ‘n spesiale dankie aan Juffrou Bambiso wat so mooi met ons geoefen het. Ons belowe om julle hierdie jaar nog baie trots te maak.
 
– Geskryf deur Stella Pansegrouw Gr.4M