1. Ingang is slegs deur Nuwe Kerkstraat se hek.
  2. GEEN parkering op die terrein beskikbaar nie. Parkeer in die strate rondom die skool of gebruik UBER. Adres vir UBER is 83 New Church Street.
  3. Toegang is gratis.
  4. Alle Karri-items wat aangekoop is, moet Saterdag by die inligtingstafel afgehaal word.
  5. Daar is verkope op die dag van kindercombo’s, Lekkergoedland, pannekoek, pizza, koffie, boereworsrolle, chip ‘n dip, snoepie en kroeg.
  6. Betaling op die dag met kontant of Snapscan.
  7. Snapscan verwysing is jou NAAM en VAN
  8. Oor-Die-Kole spyskaarte sal by elke land se stalletjie beskikbaar wees om jou met jou keuse te help. Skryf jou naam tussen 12:00 en 15:00 by jou gekose land se stalletjie op waar jy wil eet. Etes sal tussen 15:30 en 16:00 gereed wees.
  9. Sien die vloerplan hieronder.