Op Donderdag, 21 April, het verskeie van ons leerders geskiedenis gemaak deur die eerste hokkie ligawedstryde in die skool se 101 bestaansjare te speel. Ons spanne het oor die algemeen baie goed gevaar. Die dogterspanne het weg gespeel en die seunspanne tuis teen Elkanah House. Die o/13-spanne het op astro gespeel wat vir ons spelers ‘n bietjie van ‘n aanpassing is. Nogtans is ons uiters trots op die spelers se entoesiasme en manier hoe hulle hierdie uitdaging te bowe gaan.  Gaan loer gerus na die Kiek vir foto’s.
0/9A-seuns: wen 1-0
0/9A-dogters: wen 3-1
0/10A-seuns: wen 5-0
0/10A-dogters: wen 11-0
0/10B-dogters: wen 4-0
0/11A-seuns: verloor 1-3
0/11A-dogters: verloor 0-1
0/12A-seuns: wen 1-0
0/12A-dogters: wen 1-0
0/13A-seuns: verloor 0-6
Die o/13-dogters speel eers vanmiddag hul wedstryd op die astroveld en ons wens vir hulle baie sterkte toe.