Die o/13-hokkieseuns en -meisies het aan Van Riebeeckstrand se hokkie voorbereidingstoernooi op Vrydag, 8 April, deelgeneem. Ten spyte van moeilike teenstanders soos Paarl Gimnasium, Beaumont en Van Riebeeckstrand het die spelers nie terug gestaan nie en beslis hul beste gegee. Die spelers het dalk nie op die telbord gewen nie, maar hulle het goeie sportmangees getoon en as wenners van die hokkieveld afgestap. Die spelers het baie geleer en terselfde tyd die spel baie geniet. Ons is trots op dié Jannies!