o.13 Weskus Netbaltoer: 23-25 September 2022

Tien netbaldogters het die naweek van 23-25 September hulle sakke gepak en die pad Weskus toe gevat. Die meisies was moeg na die week se konsert en almal het eers 'n uiltjie geknip om hulle kragte op te bou vir die eerste wedstryde in St Helenabaai. Die slapie was ongelukkig nie genoeg nie en hulle het die eerste wedstryd teen St Helenabaai primêr 9-14 verloor. Na die verloor was almal skielik wakker en wen die volgende wedstryd teen HP Williams 13 - 5. Meneer Lourens het die aand vir almal lekker hamburgers langs Jacobsbaai se waters gebraai. Vrydagaand se spanbousessies het nie te laat aangehou na die week se aktiwiteite nie en almal is vroeg bed toe. Niemand het omgegee om vroeg op te staan toe hulle Saterdagoggend die ontbyt sien wat mnr. Lourens en Gladdys vir hulle voorberei het nie. Met die magies vol en die sakke gepak, was hulle reg vir die vol dag wat voorgelê het by Hoërskool Hopefield. DCAS in samewerking met Weskusnetbal het 'n dag by die skool aangebied ter viering van die Wêreldbeker Netbal wat in Julie/ Augustus 2023 in Kaapstad aangebied word. Dit was 'n dag vol opwinding waar ons saam met Hopefield se o.13-span Engeland verteenwoordig het. Ons is met ope arms en baie kos ontvang. Daar was drie stasies die oggend waar Weskus se federasiespelers vaardighede en speletjies met die spelers gedeel het. Die Tornado's speler, Amber Coraizin, het haar ervarings met die spelers gedeel en hulle gemotiveer om aan te hou werk aan hul drome. Teen 11:30 was die tyd vir speletjies verby en het ons die Jannie-wapenrusting (rokkies)...

Afskaffing van die wit LO-hempie

In die lig dat ons skooldrag in 2023 aangepas word, versoek ons dat wit LO-hempies wat nie meer pas nie, maar nog netjies is om te dra skool toe gestuur moet word sodat ons dit gratis kan versprei aan leerders wie se hempies nie meer pas nie. Ons faseer die hempies uit. Stuur dit asseblief na jou kind se registerklas. Daar is ongelukkig geen nuwe hempies beskikbaar nie. Ons is seker dat daar genoeg wit hempies in sirkulasie is waarmee ons skoolgemeenskap mekaar kan help. Die nuwe hempies is in produksie en dus nog nie hierdie kwartaal beskikbaar nie. Neem asseblief die vrymoedigheid om die donkerblou feeshempies tydens LO-periode te dra indien dit wel nog pas. Hierdie hempies sal volgende jaar glad nie toegelaat word nie. Neem asseblief die vrymoedigheid om nuwe hempies by Eda (jvrklerebank@gmail.co.za) te bestel sodat sy betyds voorraad kan...

Netwerk24 – Finale rondte

Luja Marx het gister die finale rondte van die Netwerk24 Wiskundekompetisie geskryf. Slegs die top 20 leerders in die Wes-Kaap was uitgenooi om die rondte te voltooi. Dit is 'n ongelooflike prestasie en ons is uiters trots dat sy reeds so ver in die kompetisie gekom het. Nou hou ons duimvas vir die finale...

Begrotingsvergadering vir 2023

Neem kennis van die volgende verandering: Die vergadering vind in die skool se biblioteek plaas. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2022/09/KENNISGEWING-VAN-BEGROTINGSVERG-07-NOV-2022.pdf" title="KENNISGEWING VAN BEGROTINGSVERG 07 NOV...

Interim-Beheerraadverkiesing: Nominasies

Die WKOD vereis dat interim-Beheerraadverkiesings gehou moet word om vakante posisies te vul. Susan van der Walt is verlede kwartaal as Tesourier deur die Beheerraad gekoöpteer om vir 'n interim-periode uit te help. Ons sal baie graag hierdie posisie formeel wil vul daarom dat daar 'n aanlyn verkiesing op Woensdag, 12 Oktober, vanaf 06:00 - 18:00 sal plaasvind. Die termyn eindig Maart 2024. As jy iemand vir die Tesourier-portefeulje wil benoem of as jy bereid is om te staan en ‘n nominasie het, voltooi asseblief aangehegte nominasievorm en handig in of stuur direk vir Suzaan Burger by suzaan@jvrprim.co.za. Nominasies sluit teen Maandag, 10 Oktober, om 12:00. Indien jy enige navrae rakende hierdie posisie het, is jy welkom om vir Naas Beets (skoolhoof@jvrprim.co.za) en/of vir Merwe Scholtz (mscholtz@genfin.co.za) te kontak. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2022/09/Interim-Beheerraadverkiesing-Nominasievorm-vir-Ouerlede-SBL-Periode-2021-2024.pdf" title="Interim-Beheerraadverkiesing Nominasievorm vir Ouerlede - SBL - Periode 2021...

Kooroptrede: 20 Oktober

Onthou: Albei kore tree hier op. Waar: Laerskool Sunningdale. Tyd: 19:00 Kaartjies: Laat weet asb. vir Helecia indien jy ekstra kaartjies het (helecia@jvrprim.co.za) Drag: Netjiese somerskooldrag Senior koor moet om 17:30 daar wees om vir die massakoor te oefen. Junior koor moet om 18:15 daar wees. Die program sal net 'n uur duur. Ouers moet asseblief tot aan die einde bly. Ouers parkeer op die veld of in die strate om die skool. Ouers kan vooraf terwyl hulle wag iets by die snoepie nuttig. Leerders mag nie die snoepie gebruik nie. Laat hulle asseblief iets by die huis eet. Moenie onnodige waardevolle artikels saamneem nie. Kore sit in die saal en luister na die ander kore. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2022/09/Sunningdale-map.pdf" title="Sunningdale...

Geagte Ouers / Voogde

Kwartaal 3 staan nou vinnig einde se kant toe en week 10 bereik ‘n hoogtepunt met die afskop van ons ongelooflike konsert. Laerskool Jan van Riebeeck bied aan ’Ôsim’ (Ons Seelewe is Magic). Dit is soveel meer as ‘n konsert en ek glo dié van julle wat die afgelope week alreeds die konsert bygewoon het, sal volkome saamstem dat dit eerder ‘n skouspel van formaat is. Die ‘Ôsim’ is “awesome”! Baie geluk en hartlike dank aan mnr. Ben, juf. Jana en span met die manjifieke vertoning. Julle sal op enige dag vir Broadway ‘n ding of twee van “show business” kan leer. Die teks van ‘n sprokie seelewe wat in die mooiste gety-poel afspeel, is deur mnr. Ben geskryf. Die voorportaal is prentjiemooi en glansryk, opgemaak en versier met herwinbare materiaal wat die lewe van die sprokieswêreld baie gepas uitbeeld. Die kleurryke kostuums met al die detail laat ‘n mens skoon sprakeloos. Die kreatiwiteit aan die dag gelê, spreek boekdele van ons mammas en onderwysers se innovasie en vaardighede. Graag wil ek al ons mammas en onderwysers wat so hard aan die kostuums en die voorportaal gewerk het, namens die hele skoolgemeenskap hartlik bedank. Julle bydraes spreek van uitnemendheid en dit is waarvoor ons skool staan, nie omdat ons dink ons is beter nie, maar eerder om kollektief te streef na ons visie van uitnemendheid op alle gebiede. Ek hoop van harte dat die van julle wat die eerste week van die konsert bygewoon het, dit terdeë geniet het. Ek woon elke aand die konsert by, nie omdat ek dit moet doen nie, maar eerder om my gate uit...

Somer Buitemuurse Sportprogram: Kwartaal 4

Baie dankie aan alle leerders wat by die onderskeie afrigters aangemeld het om hulle in kennis te stel dat hulle by die spesifieke sportkode betrokke wil raak.  Ons gebruik die bywoningslyste van 12 - 15 September om die kommunikasiegroepe met ouers op te stel. Indien hulle nie aangemeld het nie, moet ouers asb. die betrokke onderwyser by daardie sportkode (sien sportprogram) in kennis stel deur 'n e-pos met jou kind/ers se naam, van en graad en watter sessie hy / sy gaan bywoon te stuur. Let asseblief daarop dat ons vanaf die 4de kwartaal die klein veldjie by die skool vir die o.7 - o.9 krieketoefeninge gaan gebruik. SWEM: Leerders hoef nie vooraf te registreer vir swemsessies nie, maar ons vra dat ouers/leerders by die oefensessie hou waarby hulle aangemeld het. Sien die buitemuurse program vir kwartaal 4 onderaan: [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2022/09/2022-Buitemuurse-program-Somer-4.pdf" title="2022-Buitemuurse-program - Somer...

Prysuitdelingbekers

Ons wil ouers graag vra om alle bekers wat by verlede jaar se prysuitdeling ontvang is, asseblief so gou as moontlik terug skool toe te stuur. Dit moet reeds gegraveer wees wanneer dit skool toe gestuur word. Dankie vir jul samewerking!

Melkbos-Wiskundekompetisie: Ses in ‘n ry

Vir die laaste 2 maande is daar hard gewerk met graad 6 en 7-leerders ter voorbereiding vir die Melkbos-Wiskundekompetisie. Van oggendsessies tot 'n Wiskundekamp het ons leerders met oorgawe die sessies bygewoon. In totaal was daar 62 leerders. Ongelukkig kon net 16 leerders aan die kompetisie deelneem, maar dit was 'n uitstekende leerervaring vir al ons leerders. Gister het die 16 leerders saam met mnr. Hanekom en juf. de Villiers die kompetisie bygewoon. Dit is 'n verrykingskompetisie waar leerders verskeie afdelings in spanverband moet beantwoord. Werk wat eers in graad 8 en 9 behandel word, word in die kompetisie gevra. Daar was 10 skole wat deelgeneem het: Gene Louw, Welgemoed, Van Riebeeckstrand, Table View, Elkanah House, Swellendam, Melkbos Privaat, Vredekloof en Jan van Riebeeck. Baie van die skole het meer as 'n 1000 leerders. Elke skool kan 4 spanne inskryf en in totaal was daar 38 spanne wat op die dag deelgeneem het. Daar was groot opwinding onder die leerders, alhoewel die senuwees ook hoog geloop het. Ons 4 spanne was:  Owen Wiese, Luja Marx, Cara Swanepoel en Katia van Wyk Emke van Wyk, Kate Mouton, Liza Hertzog en Lea de Ridder Lea Basson, Noah Blomerus, Albert Griesel en Markus de Ridder. Adan Eksteen, Nicolaas Grutter, Sam Ward en Mïlla Joubert. Daar is twee afdelings waar leerders pryse kan wen - die wenspan op die dag en die skool wat die beste presteer het. Hier kyk hulle na al die spanne se punte per skool om die wenner te bepaal.   Net voor die laaste rondte was die spanne uiters naby aan mekaar en dit kon enige kant toe...

Markdag: 30 September

Markdag sal Vrydag, 30 September, vanaf 09:15 tot 10:10 plaasvind. Grondslagfase leerders wat iets wil verkoop, kan vanaf Maandag tot Donderdag om 12:00 tafels op Karri bespreek. Om te verhoed dat daar te veel stalletjies is en dat almal 'n beurt kry om iets te verkoop, sal slegs die grondslagfase hierdie kwartaal kan verkoop. Die intersenfase sal weer volgende kwartaal 'n beurt hê. Geen lewende hawe of klappers van enige aard mag verkoop word...

Skooltye en Kleredrag: Laaste week

Maandag - Woensdag (26 - 28 Sept.) Skooltye: 08:15 - 12:45  Graad 1 - 3 08:15 - 13:00  Graad 4 - 7 13:05  Bus vertrek Kleredrag: Sportdrag (wit hempie word met blou eeufeeshempie afgewissel) Donderdag (29 Sept.) Skooltye: 07:45 - 12:45  Graad 1 - 3 07:45 - 13:00  Graad 4 - 7 13:05  Bus vertrek Kleredrag: Sivvies Vrydag (30 Sept.) Skooltye: 07:45 - 10:30  Graad 1 - 3 07:45 - 10:45  Graad 4 - 7 10:50  Bus vertrek Kleredrag:...

Konsert: Laaste reëlings

Ouers kry 'n geel bandjie vir die laaste twee aande van die konsert. Die persoon wat die leerder by die klas gaan haal, moet die bandjie dra. Daar word 'n video van die konsert gemaak. Ons sal later meer inligting in die verband stuur. Onthou om op Karri te betaal om konsertfoto's te bestel. Kliek HIER vir al die konsertreëlings soos in verlede week se nuusbrief gekommunikeer. Die ekstra inligting wat later gekommunikeer is, is ook daarby...

Eisteddfod: Klavier

Baie geluk aan die volgende twee leerders wat medaljes by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod vir klavier ontvang het: Ruben de Ridder - Klavier Gr.4 Leah de Kock - Klavier Gr.5 Ons is trots op julle!

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor