Baie dankie aan alle leerders wat by die onderskeie afrigters aangemeld het om hulle in kennis te stel dat hulle by die spesifieke sportkode betrokke wil raak.  Ons gebruik die bywoningslyste van 12 – 15 September om die kommunikasiegroepe met ouers op te stel. Indien hulle nie aangemeld het nie, moet ouers asb. die betrokke onderwyser by daardie sportkode (sien sportprogram) in kennis stel deur ‘n e-pos met jou kind/ers se naam, van en graad en watter sessie hy / sy gaan bywoon te stuur.

Let asseblief daarop dat ons vanaf die 4de kwartaal die klein veldjie by die skool vir die o.7 – o.9 krieketoefeninge gaan gebruik.

SWEM:

Leerders hoef nie vooraf te registreer vir swemsessies nie, maar ons vra dat ouers/leerders by die oefensessie hou waarby hulle aangemeld het.

Sien die buitemuurse program vir kwartaal 4 onderaan:

2022-Buitemuurse-program - Somer 4