Luja Marx het gister die finale rondte van die Netwerk24 Wiskundekompetisie geskryf. Slegs die top 20 leerders in die Wes-Kaap was uitgenooi om die rondte te voltooi. Dit is ‘n ongelooflike prestasie en ons is uiters trots dat sy reeds so ver in die kompetisie gekom het. Nou hou ons duimvas vir die finale resultate!