/ Atletiek, Nuus, Sport, Sportuitslae

Op Saterdag, 22 Februarie, het 18 van ons leerders aan die Zone-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Ons atlete het baie goed presteer en die volgende uitslae behaal:

  • Louis Hofmeyer het eerste plek behaal in die seuns o.10 verspring.

  • Matteo Pereira het eerste plek behaal in die seuns o.10 hoogspring.

  • Leah Jacobsz het eerste plek behaal in die dogters o.11 1200m.

  • Carter Schoeman het eerste plek in die seuns o.13 gewigstoot en tweede plek in diskus behaal.

  • Anabella Boshoff het tweede plek behaal in die dogters o.12 spiesgooi.

  • Jack Dawes het tweede plek behaal in die seuns o.13 spiesgooi.

  • Stef Nel het derde plek behaal in die seuns o.11 verspring.

  • Nils le Roux het vierde plek behaal in die seuns o.13 200m hekkies.

  • Ynes Samba Kabassidi het vierde plek behaal in die dogters o.13 1500m en 200m hekkies.

Hierdie atlete het gekwalifiseer vir die WP-proewe wat op 27 Februarie by Groenpunt plaasgevind het. Dit was ‘n dag vol puik prestasies, en ons atlete het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Hoewel daar vierde, vyfde en sesde plekke behaal is, het ons atlete ongelukkig net-net die top 3 gemis om hul WP-klere te verower.

Baie geluk aan elke atleet wat hierdie seisoen alles gegee het en waardevolle ondervinding in die proses opgedoen het. Ons is uiters trots op elkeen van julle!

 
/ Atletiek, Nuus, Sportuitslae

Woensdag, 21 Februarie, het 20 van ons atlete aan die Zone-atletiekbyeenkoms te Vygieskraal deelgeneem. Die byeenkoms lewer reeds baie goeie atlete op en is die tweede groot byeenkoms voordat leerders die geleentheid kry om moontlik by die WP-kampioenskappe deel te neem. Om te kwalifiseer vir die WP-kampioenskappe moet jy in die top 4 in die baanitems eindig en top 3 in die velditems. Die volgende leerders het almal gekwalifiseer om volgende week Woensdag, 28 Februarie, aan die WP-kampioenskappe deel te neem:

  • Delmar Benecke, 1ste 800m
  • Maia du Toit, 1ste 70m H
  • Jana Olivier, 1ste diskus en 2de gewigstoot
  • Stella Zulch, 1ste spiesgooi
  • Carter Shoeman, 1ste gewigstoot en 3de diskus
  • Frank van der Walt, 1ste gewigstoot en 2de diskus
  • Daniella Boshoff, 2de 200m H en 4de 75m H
  • Jeanne van Heerden, 3de diskus
  • Ellen van Heerden, 3de gewigstoot

Ons wil die atlete gelukwens met hul pragtige uitslae by die Zone-kampioenskappe. Reëlings rakende volgende week se byeenkoms sal direk met die ouers gekommunikeer word.

/ Atletiek, Nuus, Sportuitslae

Dinsdag, 6 Februarie, het 60 van ons atlete aan die jaarlikse Interskole by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde deelgeneem. Daar was 9 skole wat op die dag teen mekaar deelgeneem het: Jan van Riebeeck, Kampsbaai, Duitse Skool, Reddam, Tamboerskloof, Sea Point, St. Cyprians, Kronendal en Houtbaai Internasionaal.

Die weer het saamgespeel en dit was ‘n ideale dag vir atletiek. Die dag het glad verloop en ons atlete het hulle puik van hul taak gekwyt. Ons het op ‘n hoogtepunt afgesluit en amper skoonskip gemaak met al die aflosse. Ons het ook op die dag die meeste punte verower en sodoende die interskole gewen. Die top 3 skole was:

  1. Jan van Riebeeck met 486 punte
  2. Kampsbaai met 413 punte
  3. Duitse Skool met 366 punte

Slegs die top twee atlete vir enige baanitem (uitsluitend 0.8 en 0.9) en die beste prestasie in die velditems kwalifiseer om deur te gaan na die Zone-kampioenskappe.

Ons atlete wat deurgaan is:
Cato Terblanche, 80m, 100m, 1200m en gewigstoot
Willem Viljoen, 70m H, 80m en 1200m
Maia du Toit, 70m H
Rafa Lamprecht, 70m H
Jack Dawes, 75m H en 150m H
Daniella Boshoff, 75m H en 200m H
Arjen Faling, 100m
Delmar Benecke, 200m, 200m H en 800m
Ellen van Heerden, gewigstoot
Jana Olivier, gewigstoot en diskus
Frank van der Walt, gewigstoot, spiesgooi en diskus
Carter Schoeman, gewigstoot
Jeanne van Heerden, gewigstoot en diskus
Stella Zulch, spiesgooi
Dylan Daniels, spiesgooi
Stella Pansegrouw, 150m H
Cara Stoltz, 150m H
Stephan Brink, 150m H
Michaan Naylor, 200m H
Dane Botha, 100m
Volg die skakel vir volledige uitslae.

Ons wens die atlete alle sterkte toe met die volgende rondte wat op 21 Februarie by Vygieskraal te Athlone plaasvind.

/ Atletiek, Nuus, Sportuitslae

Ons jaarlikse kleure-atletiek het op 6 en 8 Desember plaasgevind. Woensdag was dit die velditems en ons atlete het dit baie geniet. Ten spyte van die temperatuur wat by 36°C gedraai het, het ons atlete uitstekend gevaar.

Frank van der Walt en Jana Olivier het albei die diskus rekord vir seuns en dogters o.13 verbeter.

Vrydag was dit tyd vir die baanitems en dit was ‘n ongelooflike dag. Die kleurgroepe het die pawiljoen pragtig opgemaak en die gees het oorgeloop. Musiek het gespeel, kinders het gesing en die atletiek was van baie hoë gehalte.

Delmar Benecke het die rekord vir 200m, 800m en 200m hekkies gebreek en Dawid-Wiese die 100m vir seuns ope.

In die junior afdeling is Cato Terblanche en Rafa Lamprecht as die beste dogter- en seunsatleet aangewys terwyl Jana Olivier en Delmar Benecke die senior afdeling gewen het.

Baie geluk aan die Oranjespan wat die atletiekbeker gewen het en die Blouspan wat met die geesbeker weggestap het.

Volg die skakel  vir die finale uitslae van die dag.

Neem asb. kennis, indien ‘n atleet ‘n eerste of tweede plek in enige baanitems of ‘n eerste plek in velditems verower het, kwalifieer hulle vir Interskole. Dit geld slegs vir o.10 – o.13.

Interskole sal op 6 Februarie by Hoërskool Jan van Riebeeck plaasvind.

/ Atletiek, Nuus, Sport, Sportuitslae

Saterdag, 25 Februarie, het 13 van ons atlete aan die Zone-Kampioenskappe by Vygieskraal deelgeneem. Dit is ‘n wonderlike prestasie om hier deel te neem, aangesien daar meer as 87 skole se top atlete deelgeneem het.

Die volgende atlete is deur na die WP-Proewe wat vandag in die Paarl plaasvind:

  • Delmar Benecke, 1ste 1200m en 150m hekkies
  • Cato Terblanche, 3de 1200m
  • Sofia Newton, 1ste 200m hekkies en 3de 75m hekkies.
  • Klara Steyn, 2de 200m hekkies en 1ste hoogspring
  • Dawid-Wiese Viljoen, 3de 200m hekkies
  • Jana Olivier, 2de diskus
  • Mieke Bremer, 1ste diskus

Ons wens vir al die atlete sterkte toe met vandag se kompetisie.

/ Atletiek, Nuus, Sport, Sportuitslae

Kliek op die foto’s hier onder vir die onderskeie uitslae:

Baanitems

Velditems

/ Atletiek, Nuus, Sport, Sportuitslae

Maandag, 6 Februarie, het 73 van ons atlete aan die interskole deelgeneem wat by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde plaasgevind het. ‘n Spoggeleentheid waar 10 skole (meer as 500 atlete) bymekaar gekom het om op die dag teen mekaar mee te ding.

Dit was uiters warm, maar dit het nie ons atlete se moed gebreek nie en hulle het uitstekend presteer. Die atlete wat deur is na die Sone-kampioenskappe (25 Februarie, Vygieskraal) is:

Ané Swanepoel, 1ste 1200m
Delmar Benecke, 1ste 1200m, 1ste 150m, 150m H
Nils le Roux, 1ste 1200m, 1ste 70m H (Rekord)
Cato Terblanche, 1ste 1200m, 1ste 80m, 1ste 100m, 1ste verspring
Bella Naylor, 2de 80m, 1ste 70m H,
Rafa Lamprecht, 2de 80m, 1ste 70m H
Dane Botha, 2de 100m
Jana Olivier, 1ste 150m, 150m H, diskus
Michaan Naylor, 2de 150m, 2de 75m H
Sophia Newton, 1ste 75m H, 200m H
Dawid-Wiese Viljoen, 2de 80m H, 200m H, diskus
Ella van der Walt, 1ste hoogspring
Mari Steyn, 1ste hoogspring
Klara Steyn, 1ste hoogspring, 200m H
Daniella Boshoff, 150m H
Frank van der Walt, 150m H, diskus
Mieke Bremer, diskus

Om alles af te sluit, het ons aflosspanne in 5 van die 8 wedlope die eerste plek behaal.

Baie geluk aan elke atleet wat so pragtig presteer het. Ons is trots op julle.

Die dag was ‘n groot suskes en het uiters vlot verloop. Baie dankie aan mnr. Hanekom wat alle reëlings rakende die byeenkoms behartig het.

/ Atletiek, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Ons was weer bevoorreg om hierdie jaar twee ongelooflike lekker dae se atletiek te hê. Die weer het fantasties saamgespeel op beide dae. Die Blouspan het as algehele wenners vir die dag weggestap met 1789 punte. Die Oranjespan was nie ver agter nie en het 1783 punte vir die dag aangeteken. Die Oranjespan het wel die aflosbeker vir die dag gewen. Baie geluk ook aan die Blouspan wat die geesbeker gewen het.

Die volgende leerders is aangewys as die Victor en Victrix Ludorums vir die byeenkoms:

  • Junior seun: Rafa Lamprecht (o.10)
  • Junior dogter: Cato Terblanche (o.10)
  • Senior seun: Dawid-Wiese Viljoen (o.13)
  • Senior dogter: Klara Steyn (o.13)

Ons glo dat Sophia Liebeneberg se prestasies vir die dag en haar jare by die skool spesiale meelding verdien. Sy het vir oulaas 4 rekords by hierdie jaar se byeenkoms aangeteken en spog nou met 13 rekords op ons Kleurebyeenkomslys.

Atlete wat in die top 2 posisies vir baanitems en eerste posisie vir velditems geëindig het, kwalifiseer nou om deel van die Interskolespan vir 2023 te vorm. 

Die uitslae is ongelukkig te groot vir een PDF dokument. Let daarop dat daar twee dokumente is.

Des 2022-Finale uitslae 1
Des 2022-Finale uitslae 2

/ Atletiek, Nuus, Sport, Sportuitslae
Veertien van ons atlete het verlede week hulle distrik-klere ontvang. Dit was ‘n heerlike dag en die leerders het uitstekend presteer.
 
Donderdag, 3 Maart, het die veertien leerders deelgeneem aan die WP-kampioenskappe. Die leerders en hul uitslae is asvolg:
  • Cara Scoltz – 6de in die finaal van die 70m hekkies
  • Nils le Roux – 5de in die 70m hekkies en 5de in 1200m
  • Sofia Newton – 5de in die 75m hekkies en 5de in die 150m hekkies
  • Dawid-Wiese – 6de in die finaal van die 75m hekkies
  • Delmar Benecke – 6de in 1200m en 4de in verspring
  • Ané Swanepoel – 7de in 1200m
  • Sebastian Senekal – 5de in gewigstoot
  • Carter Schoeman – 7de in gewigstoot
  • Jeanne van Heerden – 4de in gewigstoot
  • Liza Hitge – 5de hoogspring
  • Anna Viljoen en Mari Steyn het baie goed gevaar in die hoogspring en Ashlyn-Beth in die diskus.
  • Sophia Liebenberg was 2de verspring en 3de in spiesgooi. Sy het dus haar WP-klere verower. Dis ‘n besondere prestasie!
Die kompetisie was uiters sterk en ons atlete het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Ons is baie trots op elke atleet!

 

/ Krieket, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Sien die week se krieketuitslae hier onder:

/ Krieket, Nuus, Sport, Sportuitslae

Sien die week se krieketuitslae hier onder:

/ Krieket, Nuus, Sport, Sportuitslae

Sien die week se krieketuitslae hier onder:

/ Krieket, Nuus, Sport, Sportuitslae

Sien die week se krieketuitslae hier onder:

/ Krieket, Nuus, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se krieketuitslae:

/ Krieket, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se krieketuitslae:

/ Krieket, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se krieketuitslae:

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae

Baie geluk aan al ons krieketspelers met die volgende puik uitslae.

27 Februarie 2024:

o.8A JvR teen Llundudno
JvR – 65/1
Llundudno – 39/2
JvR wen met 26 lopies

o.8B teen Houtbaai
JvR – 56/2
Houtbaai 43/3
JvR wen met 13 lopies

o.9A teen Llundudno
JvR – 47/4
Llundudno – 36/3
JvR wen met 11 lopies

28 Februarie 2024:

Kampsbaai kolf eerste en teken 120/3 aan na 15 beurte
JvR 120/2 na 15 beurte
Wedstryd eindig gelykop.

Baie geluk aan Damian Daniels wat 27* lopies bymekaar gemaak het.

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae

20 Februarie 2024:

o.9 A speel teen Llundudno
o.9A JvR 41/0 – Llundudno 26/3
JvR wen met 15 lopies

o.9 B speel teen Seepunt
o.9 B JvR 37/3 – Seepunt 35/3
JvR wen met 2 lopies

o.11A JvR speel teen Llundudno
JvR kolf eerste en teken 77/7 aan na 16 beurte
Llundudno 78/7/ na 15 beurte
Llundudno wen met 3 paaltjies.

Baie geluk aan Logan van Heerden met ‘n boulsyfers van 4 beurte vir 4 paaltjies en het slegs 20 lopies afgestaan.

22 Februarie 2024:

o.13 A speel teen Kampsbaai.
JvR kolf eerste en teken 95 lopies aan.
Kampsbaai kon slegs 28 lopies aanteken.
JvR wen met 67 lopies.

Welgedaan aan Jack Dawes met boulsyfers van 4 beurte 4 paaltjies vir 12 lopies.

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae

Baie geluk aan al die krieketspelers met die volgende uitslae:

  • o.7 wen met 9 lopies teen Herzlia
  • o.8 wen met 18 lopies teen Herzlia
  • o.9 wen met 18 lopies teen Reddam
  • o.11 A verloor met 61 lopies teen Ottohub
  • o.11 B verloor met 8 paaltjies teen Pinelands North
    • Luke Sieberhagen met boulsyfers van 3 beurte 2 paaltjies vir net 4 lopies
/ Landloop, Nuus, Sportuitslae

Ons het die kwartaal se landloop afgesluit met ‘n wedloop in Vishoek. Dit was baie opwindend om die oranje hempies van ver af te sien aankom en hulle aan te moedig tot by die eindstreep. Baie geluk aan al die deelnemers, almal het verbeter van die vorige wedloop.

Isla Jooste, Lukas Loubser en James Steyn het in die top 20 in hul ouderdomsgroep geëindig en ‘n spesiale geluk aan Delmar Benecke wat in die vorige wedloop in Rondebosch 7de geëindig en verlede Vrydag in Vishoek 5de geëindig het. Ons is baie trots op julle!

/ Landloop, Nuus, Sportuitslae

Die leerders het aan hul eerste landloopwedloop vir die seisoen te Zwaanswyk Akademie deelgeneem. Die Jannies het baie mooi gehardloop! Baie geluk aan almal wat deelgeneem het. Die volgende leerders het in die top 20 van hul ouderdomsgroep geëindig het:

Lukas Loubser o.9 – 6de
James Steyn o.9 – 18de
Ynes Samba Kabassidi o.12 – 11de

/ Landloop, Nuus, Sport, Sportuitslae

Vrydag, 26 Mei, het die landloop atlete aan ‘n wedloop te Kampsbaai deelgeneem. Dankie aan juf. Helene Slabbert wat die leerders vergesel het! Hiermee die uitslae:

Jasper Wolff (o.8) – 22ste
Lukas Loubser (o.8) – 21ste
Gia Kruger (o.8) – 17de
Ben Louw (o.9) – 36ste
Ella van der Walt (o.10) – 17de

Verlede Vrydag, 2 Junie, het ons ons eie pret landloopwedloop op die Tafelbergpad gehou. Dit was ‘n heerlike draf teen ons mooie Tafelberg met klein watervalle. Die volgende leerders het gehardloop:

Petronella Gouws, Ella Fischer, Anouk Jacobsz, Anna Leach, Ilan van den Berg, Alexander Styan, Lua Groenewald, Lukas Loubser, Luc Durand, Gia Kruger, Ben Louw, Leah Jacobsz, Maia du Toit, Hanna Thom, Cato Terblanche, Samuel Groenewald, Nell du Toit, Marais Groenewald en Sophia Terblanche.

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het en ouers wat saamgedraf / aangemoedig het! Ons maak weer so!

Indien daar leerders is wat graag by Landloop wil aansluit, stuur gerus ‘n boodskap aan suzaan@jvrprim.co.za of op Skooler se Algemeen kontakgroep sodat julle ook Landloop boodskappe ontvang.

/ Landloop, Nuus, Sport, Sportuitslae

Landloop het gewoonlik baie deelnemers van verskeie skole en om in die top 30 te beland is uitdagend! Baie geluk aan die volgende leerders wat in die top 30 by een van die twee wedlope wat al hierdie seisoen plaasgevind het, geëindig het:

Petronella Gouws – 23ste by Constantia Sports Centre-wedloop
Gia Kruger – 16de by Zwaanswyk Academy-wedloop
Lukas Loubser – 29ste by Constantia Sports Centre-wedloop
Ella van der Walt – 16de by Zwaanswyk Academy-wedloop

Almal is welkom om aan wedlope deel te neem, selfs al oefen die leerder nie op Dinsdae saam nie. Hou gerus die kalender dop vir landloopwedlope wat op Vrydae plaasvind en stuur ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za of ‘n Skooler-boodskap op die Algemeen kontakgroep indien julle ook landloopkommunikasie wil ontvang.

/ Landloop, Nuus, Sportuitslae

Baie geluk aan Scarlett van der Merwe wat 12de geëindig het by die WP Champs wat op 17 Augustus plaasgevind het. Sy gaan nou deur na die Wes-Kaap Skole Sport Landloop Kampioenskappe wat op Saterdag, 31 Augustus ,by die Hottentots Holland Senior Sekondêre skool in die Strand gaan plaasvind.

/ Landloop, Nuus, Sportuitslae

Ons atlete het Vrydag, 2 Augustus, by Laerskool Kirstenhof aan ‘n landloopwedloop deelgeneem. Hier volg die uitslae.
o/7: Samuel Groenewald – 22ste; Nicolas Marais – 33ste
o/8: Delmar Benecke – 10de; Jana Olivier – 8ste; Lili Ann Blomerus – 11de
o/9: Marais Groenewald – 32ste; Andre Marais – 37ste
o/11: Leah Maritz – 42ste
o/12: *Scarlett van der Merwe – 3de
Ons wil veral vir Scarlett van der Merwe hartlik gelukwens, sy ontvang ‘n medalje vir haar 3de plek en gaan deur na die WP Kampioenskappe op 17 Augustus!!

/ Landloop, Nuus, Sportuitslae

Op Vrydag, 26 Julie, het daar slegs dogters aan die landloopwedloop by Sun Valley in Vishoek deelgeneem. Die uitslae lyk soos volg:
O/8: Jana Olivier – 16de; Lili Ann Blomerus – 20ste
O/11: Leah Maritz – 43ste
O/12: *Scarlett van der Merwe – 3de….uitstekend!

/ Landloop, Nuus, Sportuitslae

Ons atlete het Vrydag, 19 Julie, in yskoue weer by Laerskool Zwaanswyk aan ‘n landloopwedloop deelgeneem. Hier volg die uitslae:
o/7: Samuel Groenewald-19de; Nicolas Marais-29ste
o/8: Delmar Benecke-5de; Jana Olivier-7de; Lili Ann Blomerus-10de
o/9: Marais Groenewald-18de; Andre Marais-??; Samuel Wolff- 39ste
o/11: Leah Maritz-42ste
o/12: *Scarlett van der Merwe-2de….uitstekend Scarlett !!

/ Landloop, Nuus, Sportuitslae

Verskeie landloopatlete het Vrydag, 12 Julie, aan hierdie kwartaal se eerste wedloop deelgeneem. Al het ons die inligting baie laat ontvang, het ons kinders steeds goed gedoen.

Die uitslae:
o/7 *Nils le Roux- 3de; Samuel Groenewald – 32ste; Nicolas Marais- 35ste
o/8 Jana Olivier- 14de; Lili Ann Blomerus – 15de
o/9 Samuel Wolff – 39ste
o/11 Leah Maritz – 15de
o/12 Scarlett van der Merwe – 5de

/ Landloop, Nuus, Sportuitslae

Ons landloop altete het Vrydag, 31 Mei, by Groenpunt Krieketklub aan hul laaste wedloop vir die kwartaal deelgneem. Ons atlete toon deurlopend vordering.
O/7: *Nils le Roux – 1ste(fantasties!!), Samuel Groenewald – 14de, Nicolas Marais – 25ste, Ruben de Ridder – 29ste
O/8: *Jana Olivier – 2de (uitstekend ), Lili Ann Blomerus – 20ste, Delmar Benecke – 14de
O/9: Samuel Wolff – 38ste
O/10: Lea de Ridder – 45ste
O/12: *Scarlett van der Merwe – 3de (uitstekend )

/ Netbal, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se netbaluitslae:

/ Netbal, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se netbaluitslae:

/ Netbal, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se netbaluitslae:

/ Netbal, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se netbaluitslae:

/ Netbal, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se netbaluitslae:

/ Netbal, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se netbaluitslae:

/ Netbal, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se netbaluitslae:

/ Netbal, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se netbaluitslae:

 

/ Netbal, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Sien die week se netbaluitslae hier onder:

/ Netbal, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Sien die week se netbaluitslae hier onder:

/ Nuus, Rugby, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se rugbyuitslae:

/ Nuus, Rugby, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se rugbyuitslae:

/ Nuus, Rugby, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se rugbyuitslae:

/ Nuus, Rugby, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se rugbyuitslae:

 

/ Nuus, Rugby, Sport, Sport, Sportuitslae

Sien die week se rugbyuitslae hier onder:

/ Nuus, Rugby, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se rugbyuitslae:

/ Nuus, Rugby, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se rugbyuitslae:

/ Nuus, Rugby, Sport, Sport, Sportuitslae

Sien die week se rugbyuitslae hier onder:

/ Nuus, Rugby, Sport, Sport, Sportuitslae

Sien die week se rugbyuitslae hier onder:

/ Nuus, Rugby, Sport, Sport, Sportuitslae

Sien die week se rugbyuitslae hier onder:

/ Nuus, Skaak, Sport, Sport, Sportuitslae

Ons o/9- en o/13-skaakspanne het ons op 2 Augustus verteenwoordig by die Metrosentraal Topskole-toernooi. Basies kwalifiseer vyf skole per ouderdomsgroep, uit ’n totaal van 30, om in hierdie toernooi mee te ding.

Ons o/9-span het met goue medaljes én die trofee in hulle ouderdomsgroep weggestap. Hulle het ook gekwalifiseer vir die volgende rondte van die Topskole-toernooi.

Ons o/13-span het ons naam hoog gehou deur teen SA-spelers te kompeteer en het brons medaljes verwerf.

Dit was ’n naweek vol pret, en ons is ongelooflik trots op ons spanne!

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

​Emma Snijders het op 4-5 Mei 2024 aan die o.13-dogters finale WP-skaaktoernooi deelgeneem. Hierdie toernooi het by Curro Langebaan plaasgevind. Ons kan met trots sê dat sy haar WP-skaakkleure verwerf het. Baie geluk, Emma!

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Ons skaakspelers het hul laaste skaakwedstryd op Vrydag, 24 Mei, teen St. Cyprians gespeel. Ons Jannies het ons baie trots gemaak. Die finale punt was 4-2 vir St. Cyprians. Baie geluk!

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Die skaakleerders het Dinsdag, 14 Mei, hul tweede wedstryd van die seisoen gespeel en het uitstekend gevaar. Ons het teen Herzlia gespeel en het 6-0 gewen. Ons is baie trots veral op hoe ons leerders die JvR-waardes uitleef. Welgedaan!

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Ons leerders het Dinsdag, 30 April, hulle eerste skaak Ligawedstryd van die jaar teen Laerskool Tamboerskloof gespeel. Dit was vir van ons leerders hul heel eerste skaakwedstryd en ons is baie trots op hulle sportsmanskap. Die telling was 1-5 in Tamboerskloof se guns en ons het baie geleer. Ons sien uit na ons volgende wedstryd!

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Emma Snijders gaan WP verteenwoordig by die Nasionale skaakkampioenskap op 4-5 Mei. Die kampioenskap sal by Curro in Langebaan plaasvind. Baie geluk, Emma! En sterkte, ons hou vir jou duimvas.

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Ons leerders het 2 en 3 Maart aan die tweede rondte van die skaak WP-proewe deelgeneem. Chris Derksen, Emma Snijders en Christina du Toit dring na die volgende rondte deur waar hulle die WP sal verteenwoordig. Baie geluk, Jannies!

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Die volgende leerders het gekwalifiseer om deel te neem aan die 2de ronde van die Skaak WP-proewe te Plumstead Hoërskool en Wynberg Seunskool op 2 en 3 Maart:

  • Kyle Meissenheimer
  • Larah Opperman
  • Emma Snijders
  • Chris Derksen
  • Christina du Toit

Baie geluk, Jannies!

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

‘n Hele paar van ons leerders het Saterdag aan die opsionele individuele skaak WP-proewe deelgeneem. Die meeste van ons leerders wat deelgeneem het, dring deur na die volgende rondte. Ons wag met groot opwinding om te hoor wie amptelike uitnodigings vir die volgende rondte ontvang!

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

Die o.13-span het hul laaste ligawedstryd teen Houtbaai Internasionale skool  op Vrydag, 8 September, gespeel. Ons is trots om te noem dat die span 5-1 gewen het. Ons het goed in die liga gevaar en sien uit daarna om volgende jaar weer deel te neem.

/ Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae, Swem

Sien die week se swemuitslae hier onder:

/ Nuus, Sport, Sportuitslae, Swem

Sien die week se swemuitslae hier onder:

/ Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae, Swem

Hier volg die week se swemuitslae:

/ Nuus, Sport, Sportuitslae, Swem

Hier volg die week se swemuitslae:

/ Nuus, Sportuitslae, Swem

Delmar het Saterdag, 25 Mei, aan Cape Town Aquatics se eerste gala van die nuwe swemseisoen deelgeneem.

Hy het baie goed presteer met persoonlike beste tye in beide sy items waaraan hy deelgeneem het.

200m individuele wisselslag: 1ste plek
100m rugslag: 1ste plek

‘n Baie goeie begin van ‘n nuwe seisoen. Baie geluk, Delmar!

/ Nuus, Sportuitslae, Swem

Laerskool Jan van Riebeek het Vydag, 16 Februarie, ‘n swemgala aangebied waaraan Herzlia, Camps Bay Pimary, Houtbay International, Sea Point Primary en Kronendal kom deelneem het. Ons swemmers het goed gevaar en het ‘n derde plek uit die ses skole behaal.

Die uitslae is as volg:

  1. Herzlia
  2. Camps bay
  3. JvR
  4. Kronendal
  5. Hout bay
  6. Sea point

Welgedaan, Jannies!

/ Nuus, Sportuitslae, Swem

Ons swemmers het Vrydag, 2 Februarie, aan die swemgala by die Duitse Skool deelgeneem. Laerskool Jan van Riebeeck het derde plek uit vier skole behaal. Wel gedaan aan al ons swemmers wat deelgeneem het!

Delmar Benecke en Karu Rademeyer het ook die afgelope naweek aan die Cape Town Bryan Button-kwalifiserende swemgala by die Universiteit van Wes-Kaapland deelgeneem:

Delmar
100m-rugslag: 1ste
100m-vryslag: 3de
200m-IM: 2de
50m-rugslag: 1ste

Karu
50m-borsslag: 1ste
100m-borsslag: 5de
50m-vlinderslag: 2de
100m-vryslag: 7de

Baie geluk Karu en Delmar – dit wil gedoen wees!

/ Nuus, Sportuitslae, Swem

Delmar Benecke het die naweek van 25-26 November aan die Cape Town Aquatics (CTA) se WP-kampioenskap as lid van die Vineyard Swemklub deelgeneem.

Delmar het baie goed gevaar en wen die volgende:

100m rugslag – goud seuns o.12
100m vryslag – silwer seuns o.12

Hy swem persoonlike beste tye vir albei sy items. Baie geluk, Delmar! Dis ‘n wonderlike prestasie.

/ Nuus, Sportuitslae, Swem

Vrydag, 17 November, het ons deelgeneem aan ‘n individuele swemgala te Laerskool Kampsbaai.

Dit was ‘n wonderlike manier om die somerseisoen af te sluit en ons swemmers het fantasties gevaar. Daar was 6 skole wat teen mekaar deelgeneem het in 49 items. Die uitslae was as volg:

1ste: 14
2de: 14
3de: 16
4de: 2
5de: 3
6de: 0

Ons seunspan het vir die eerste keer die leeraflos gewen waar een swemmer per ouderdomsgroep vanaf o.7 – o.13 deelgeneem het. Ons het op die dag algeheel tweede geeïndig , slegs 11 punte agter Kampsbaai. Ons is trots op al ons swemmers!

/ Nuus, Sportuitslae, Swem

Verlede Vrydag, 10 November, het ons o.9 – o.13-leerders aan ‘n aflosgala by die Duitse skool deelgeneem. Borsslag, rugslag, vryslag en die wisselaflosse het op die dag plaasgevind.

In totaal was daar 38 items en 6 skole wat deelgeneem het. Ons leerders het as volg geëindig:

1ste: 13
2de: 9
3de: 14
4de: 2
5de: 0
6de: 0

Dit is uitstekende uitslae en ons is trots op elke swemmer.

Vandag sluit ons af met die finale gala van die jaar te Laerskool Kampsbaai.

/ Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae, Tennis
Laerskool Jan van Riebeeck se eerste seuns en dogterspanne het hul tennisvaardighede en spanpoging ten volle ten toon gestel tydens die Egalite Tennistoernooi wat van 21 tot 25 Julie in Sun City gehou is.
Van die land se top skole het aan die kompetisie deelgeneem en die Jannies het behoorlik uitgeblink. 
Die seunspan het dit tot die uitspeelwedstryde vir derde plek gemaak en moedig gestoei tot ‘n puik vierde plek. Die dogterspan het hul teenstanders oorrompel en die toernooi met eerste plek afgesluit, ‘n uitsonderlike prestasie. 
Die hele skool is uiters trots op elke leerder wat die Jannie-naam met trots, vasberadenheid en sportmangees verteenwoordig het. Julle het beslis Sun City bietjie Jannie-mag laat beleef. 
 
/ Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae, Tennis

Sien die week se tennisuitslae hier onder:

/ Nuus, Sport, Sportuitslae, Tennis

Sien die week se tennisuitslae hier onder:

/ Nuus, Sport, Sportuitslae, Tennis

Sien die week se tennisuitslae hier onder:

/ Nuus, Sport, Sportuitslae, Tennis

Sien die week se tennisuitslae hier onder:

/ Nuus, Sport, Sportuitslae, Tennis

Hier volg die week se tennisuitslae:

/ Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae, Tennis

Hier volg die week se tennisuitslae:

/ Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae, Tennis

Dit is met groot opgewondenheid dat ons die nuus deel van ons tennisspan se deelname aan die onlangse tennistoernooi te Sun City wat gedurende die week van 8-12 Julie ‘n ware beproewing van uithouvermoë en vaardigheid vir ons spelers was. Ons is verheug om ons sukses en ervarings met julle te deel. 

Die toernooi het begin met intense wedstryde en ‘n atmosfeer van kompetisie wat aan ons span ‘n unieke geleentheid gebied het om hul vaardighede ten toon te stel. Met elke dag wat verloop het, het ons gesien hoe ons spelers groei en hulself op die baan uitdaag. 

Vir die dogterspan was dit ‘n besondere toernooi. Hulle het hulself as formidabele mededingers bewys en het met groot vasberadenheid vir elke punt baklei. Ons is trots om aan te kondig dat ons dogters ‘n indrukwekkende derde plek in die toernooi behaal het. Hierdie prestasie getuig van hul toewyding en harde werk. 

Die seuns het ook nie teruggestaan nie en het hulself as mededingende teenstaanders bewys. Hulle beklee ‘n eerbare agtste plek en het elke wedstryd met dapperheid en vasberadenheid aangedurf. Hulle prestasies is ‘n weerspieëling van hul verbintenis tot die spel en die span. 

Die ondersteuning van ons jannie-gemeenskap het ‘n groot rol in ons sukses gespeel. Julle aanmoediging en ondersteuning het ons aangespoor om elke dag ons beste op die baan te lewer.  Dit was ‘n ervaring wat ons span sal koester en wat ons motiveer om voort te gaan met ons tennisreis. 

Ons sien uit na die volgende uitdaging wat op ons wag en is vasbeslote om voort te bou op die sukses wat ons te Sun City bereik het. 

Sportgroete, 

Suné Swanepoel
Tennishoof 

/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Die afgelope twee weke het ons Seuns B en Gemengde B-span ons skool in verskeie wedstryde verteenwoordig. Die spelers toon uitstaande sportmangees en positiwiteit gedurende uitdagende wedstryde. Ons is trots op elke speler wat die skool se naam hoog hou gedurende hul spel met uitstaande gedrag op die tennisbaan.

Die uitslae beloop soos volg:

  • 21 Februarie 2024
    Seuns B vs. Laerskool Kenridge, verloor 5-1
  • 21 Februarie 2024
    Seuns B vs. Laerskool Welgemoed, verloor 0-6.
    Gemengde B span vs. Laerskool CBC Parklands, verloor 0-6.
  • 28 Februarie, 2024
    Seuns B vs. Laerskool Mikro, verloor 2-4.
  • 6 Maart 2024
    Seuns A vs. Laerskool van Riebeeckstrand, verloor 5-1.

WP-Tennisnuus

Jeanne van Heerden (o.12A), Stella Pansegrouw (o.12A), Ané Swanepoel (o.13B), Amelie van der Walt (o.12B) en Gustav van der Linde (o.13B) het die naweek van die 1-2 Maart aan die 2024 Synergy Toernooi deelgeneem waar hulle die Wes-Kaap verteenwoordig het. Die uitslae is soos volg:

  • WP A-spanne
    o.11 A – 2de plek  (Silwer) 1 punt verskil
    o.12 A – 1ste  plek (Goud)
    o.13 A – 2de plek (Silwer)
  • WP B-spanne
    o.11 B – 2de plek (Silwer)
    o.12 B – 2de plek (Silwer)
    o.13 B – 3de plek (Brons)

/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

Geluk aan al die tennisspelers met hul mooi uitslae:

Noord-liga:
Seuns A vs. Laerskool Curro Durbanville, wen 4-2
Seuns B vs. Laerskool Kenridge, verloor 5-1
Gemeng A vs. Laerskool Brackenfell, gelykop 3-3
Dogters A vs. Laerskool Curro Durbanville, wen 5-1
Dogters B vs Laerskool Boston, wen 5-1

Table View-liga:
Gemeng B vs Laerskool van Riebeeckstrand, gelyk 3-3