Saterdag, 25 Februarie, het 13 van ons atlete aan die Zone-Kampioenskappe by Vygieskraal deelgeneem. Dit is ‘n wonderlike prestasie om hier deel te neem, aangesien daar meer as 87 skole se top atlete deelgeneem het.

Die volgende atlete is deur na die WP-Proewe wat vandag in die Paarl plaasvind:

  • Delmar Benecke, 1ste 1200m en 150m hekkies
  • Cato Terblanche, 3de 1200m
  • Sofia Newton, 1ste 200m hekkies en 3de 75m hekkies.
  • Klara Steyn, 2de 200m hekkies en 1ste hoogspring
  • Dawid-Wiese Viljoen, 3de 200m hekkies
  • Jana Olivier, 2de diskus
  • Mieke Bremer, 1ste diskus

Ons wens vir al die atlete sterkte toe met vandag se kompetisie.